An­der­kant die Kei

Weg! - - Pierre Sê -

My eer­ste dag in die ou Trans­kei was nog­al rof. Ek was oor­tuig daar­van dat dit ook my laas­te een op aar­de sou wees. Ek en my twee Zim­bab­wie­se kos­huis­maats, die broers Andrew en Doug Fer­rell, sit ingeprop in hul­le 1968 Al­fa Ro­meo Gi­u­lia op pad na Kof­fie­baai. Die plan is om vir ’n week lank kus­langs na The Ha­ven te stap, maar eers moet ons Mt­ha­tha haal en daar oor­slaap. En dit lyk ál meer as­of ons hom nie le­wen­dig gaan haal nie.

Ons het te laat uit Gra­ham­stad ge­ry, en teen die tyd dat ons die be­rug­te Kei Cut­tings na­der, is dit al goed don­ker. Dit re­ën nie; dit sóús. Om el­ke der­de kron­kel in die pad doem die skim van ’n bees of ’n bok in die don­ker voor ons op. Soos ons die pas be­gin uit­klim, om­vou die mis ons be­hoor­lik.

En toe, teen die eer­ste steil­te, gee die Gi­u­lia se twee­de en vier­de rat die gees – nes ’n I­ta­li­aan­se ge­vegs­een­heid wat met die eer­ste sien van die vy­and die wit vlag hys. Andrew roer die rat­kie­rie tus­sen eer­ste en der­de soos ’n Mas­ter­Chef- deel­ne­mer wat room klop, maar ons kruip die pas uit.

Dis ook maar goed so, want net ’n paar mi­nu­te la­ter gee ons I­ta­li­aan­se ruit­ve­ërs óók boe­del oor. Doug hang nou by die pas­sa­sier­kant uit en vee el­ke paar se­kon­des die voor­ruit met ’n T-hemp skoon so­dat sy broer da­rem iets van die pad kan sien. Ek sit ag­ter in die mid­del en pro­beer my bes om ons tot in Mt­ha­tha te bid. Dank­sy die span­po­ging haal ons – en die ver­ra­der­li­ke Al­fat­jie – ons be­stem­ming.

’n Dag la­ter word ek in ’n ron­da­wel­tjie langs ’n Wil­de­kus­strand wak­ker met ’n perd wat sy kop bo-oor die oop stal­deur druk om in ’n wa­sem­wolk dag te sê. En bui­te kom die son op oor een van die mooi­ste plek­ke wat ek nog ooit ge­sien het.

Dan­kie tog dis dees­dae heel­wat mak­li­ker om die Wil­de­kus te ge­niet. Dis eint­lik ver­spot­mak­lik as jy ons tien dae lan­ge reis­plan (bl. 32) volg. Sit dit som­mer nou op jou doen­ly­sie vir 2017!

Lek­ker rus – ons ge­sels weer in die nu­we jaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.