Wie gaan eer­ste by die ma­triek­af­skeid wees?

Weg! - - Vooraf Briewe -

My skoon­pa, An­ton Jan­sen (79), het on­langs saam met sy klein­seun, ook An­ton Jan­sen (20), van P­re­to­ria af ge­ry om sy 48 jaar oue Mer­ce­des-Benz 280S op Melk­bos­strand af te le­wer. ’n An­der klein­seun, Jo­han Jan­sen, het ge­vra of hy met ou­pa se kar ma­triek­af­skeid toe kan gaan.

So­wat 25 km suid van Beau­fort-Wes het ’n be­dag­sa­me vrag­mo­tor­be­stuur­der en an­der voer­tuie lig­te ge­flits. Ou­pa het ge­dink dit is ’n spoed­lok­val, maar merk toe die mas­sie­we skil­pad op.

Die skil­pad het nooit by die ma­triek­af­skeid op­ge­daag nie. Ek glo hy is nog op pad, maar die sta­ti­ge mo­tor het Jo­han en sy met­ge­sel by die ma­triek­af­skeid af­ge­laai. Twee dae la­ter is die twee An­tons te­rug P­re­to­ria toe teen ’n def­ti­ge 70 myl per uur.

EVELYN JOU­BERT, Hart­bees­poort

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.