Op ’n leeu­jag...

Weg! - - Vooraf Briewe -

Ek kon on­langs by die Ma­zi­thi­dam in die Kru­ger­wild­tuin die eer­ste keer leeus sien jag.

Twee leeu­wy­fies, ’n man­ne­tjie en ’n paar wel­pies s­peel in die lang gras. Die twee wy­fies be­weeg na­der aan die dam: Dis tyd vir jag. Die gras rond­om die dam is lank en hul­le ly­we is goed weg­ge­steek. Ná so­wat 20 mi­nu­te kom suip ’n trop wil­de­bees­te. Die leeus hou eg­ter ’n klei­ner trop buf­fels dop wat ver­der weg wei. ’n Se­bra­trop daag ook op. Een van die wy­fies trek weg, te vroeg! Die buf­fels, se­bras en wil­de­bees­te ver­dwyn in ’n stof­wolk.

Skie­lik ver­skyn ’n leeu­man­ne­tjie. Hy snuif ver­geefs die lug vir die reuk van ’n kar­kas. Hy lê ook op die gras – en ge­waar la­ter ’n groot trop buf­fels.

Skie­lik storm die leeu­man­ne­tjie en die buf­fels laat spaan­der. Hy’s weer eens oor­haas­tig en sal hul­le nooit kan in­haal nie.

’n Ou, swak buf­fel­koei bly eg­ter in die wa­ter ag­ter. Die wy­fies sien die swak­ke­ling en pyl op haar af. Die buf­fel soek skui­ling tus­sen ’n paar bo­me. Die een leeu storm reg op haar af ter­wyl die an­der een vir haar ag­ter­kant mik. Sy was bin­ne vyf mi­nu­te dood.

Die man­ne­tjie kom haal sy pond vleis. Ná net ’n paar hap­pe gaan haal die wy­fies die wel­pies. GRA­E­ME MITCHLEY,

Jo­han­nes­burg

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.