Daar’s ’n leeu in die kom­buis!

Weg! - - Vooraf Briewe -

Met ver­wy­sing na die brief “Die groot bang by Groot­kolk” in Weg #145: Ons het ein­de ver­le­de jaar ook in dié wil­der­nis­kamp ge­bly, en vrien­de ge­maak met Piet en He­ster S­tan­der van K­lerks­dorp in die hui­sie langs­aan.

Een og­gend skrik ons om twee­uur wak­ker van ’n slag. ’n Trop leeus be­weeg tus­sen die hui­sies. Die vol­gen­de oom­blik spring ’n jong wy­fie oor die S­tan­ders se muur in die kom­buis! Dié leeu skud hul­le roos­ter­sak soos ’n hond ’n lap skud. Daar­na gryp sy die am­mo­krat­te. Jy sien net hout­stom­pe trek. ’n Groot wy­fie staan met haar elm­boë op die hei­ning, trek Piet se drie­poot oor die draad en gaan kou dit in die veld. Die vas­ge­keer­de leeu klim ver­geefs drie keer in die boom. Ná die vier­de keer spring Ta uit die boom op die gras.

Piet en He­ster het die he­le ge­doen­te deur hul­le ven­ster dop­ge­hou. Hul­le moes hul­le­self in die bad­ka­mer toe­sluit, want die kom­buis­deur se k­nip was nie sterk ge­noeg om ’n leeu se ge­wig te stuit nie! Wat ’n on­der­vin­ding! Maar dis die K­gala­ga­di. Dis Groot­kolk!

DAAN EN MA­RIE S­CHOE­MAN, Po­lo­kwa­ne

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.