Wil­de­hon­de in vei­li­ge­ge han­de

Weg! - - Vooraf Briewe -

Op ’n on­lang­se be­soek aan die Kru­ger­wild­tuin het ons af­ge­kom op ’n trop wil­de­hon­de wat langs ’n teer­pad in die S­ku­ku­za-om­ge­wing lê en slaap.

Ons het ’n ruk­kie ge­sit toe ’n voer­tuig langs ons stil­hou. Dit was span van die park se vee­art­se­ny­diens­te. Hul­le het om ver­sko­ning ge­vra vir die steur­nis, en twee van die wy­fies ge­skiet met ’n in­spui­ting om hul­le teen hon­de­siek­tes te be­skerm (’n dis­tem­per boos­ter). Hul­le het ook ’n al­fa­man­ne­tjie ver­doof om te be­paal hoe doel­tref­fend die vo­ri­ge in­en­ting was.

Die man­ne het die man­ne­tjie op die ag­ter­klap ge­tel en na­der ge­ry so­dat ons kan sien wat hul­le doen. Hul­le het bloed­mon­sters ge­neem en la­ter het hul­le die hond op die grond neer­ge­lê en ’n teen­mid­del vir die kal­meer­mid­del toe­ge­dien. Bin­ne ’n mi­nuut het Ta weg­ge­spring. Wat ’n voor­reg om sul­ke toe­ge­wy­de men­se dop te hou!

ANGÉ LANG, Dur­ban

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.