‘Nóú’s ek ’n be­keer­de kam­peer­der’

Weg! - - Vooraf Briewe -

Ons kamp na­by die draad in die Nos­sob-rus­kamp in die K­gala­ga­di­oor­grens­park. Dis drie­uur in die nag. Skie­lik skrik ek wak­ker van ’n ge­wel­di­ge ka­ko­fo­nie. Die tent­sei­le (en ek) be­we. Dit voel as­of die twee leeus teen­aan ons tent brul.

Die ge­brul duur ’n e­wig­heid voor­dat die twee sta­dig weg­be­weeg. Ek slaak ’n sug van ver­lig­ting, maar iets het in my bin­ne­ste ver­an­der...

Ek is glad nie ’n kam­peer­der nie. Ná ’n paar mak kam­pe be­sluit my man, Jan, dis tyd vir lan­ger kamp, in die K­gala­ga­di.

Dis eg­ter nie mak­lik nie. Ek pro­beer eg­ter my mis­moe­dig­heid weg­steek. Die hit­te, sand, stof, hooi­koors, sker­pi­oen on­der ons grond­seil, sink­plaat­paaie en droë om­ge­wing weeg swaar­der as die wild en mooi to­ne­le. Ek help met die kamp­ver­rig­tin­ge, maar voel net ge­luk­kig wan­neer ek in die For­tu­ner sit met my ka­me­ra.

Jan prys my voort­du­rend in die hoop dat hy my sal mo­ti­veer. Ons neem baie fo­to’s en sien baie die­re. Maar dan weer die hit­te, sand, stof, hooi­koors...

En toe, die ge­brul van die leeus. Dis vrees­aan­ja­end, maar skie­lik voel ek deel van die a­von­tuur. Ek is in A­fri­ka! Ek het ’n nuwe uit­kyk. My vrees om so uit­ge­le­wer te wees aan roof­die­re ver­an­der in ’n op­ge­won­den­heid. Ná ’n week vra ek: “Wan­neer kamp ons weer?”

Die kam­pe son­der hei­nings aan die Botswa­na­kant van dié park is reeds be­spreek vir 2017!

JO VAN DER WESTHUYSEN, Port E­li­za­beth

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.