DAG 2
Werk vroegoggend die Surfers-ontbyt (R85) deur by in Cintsa-Oos voordat jy N1 toe en dan Morganbaai toe mik.
Net voor die afdraai na Morganbaai staan ’n passasiersvliegtuig langs die pad. Ja, ’n groot Convair 880! behoort aan Billy Nel, ’n oudpolitikus met ’n verstommende versameling motorfietse, busse, artefakte en ’n vliegtuig waarop Barbara Streisand en The Rolling Stones al gevlieg het. Dit is ’n privaatmuseum, maar gee hom ’n lui; dalk is jy en jou mense gelukkig. Billy hou dikwels ope dae hier en wys graag groepe rond.
Kom ontspan in ’n woud vir middagete by die slegs 1,5 km van Morganbaai af. Hier kan jy weglê aan ’n Wild Bacon-burger met skyfies (R65) of ’n Hornbill Hoot-pizza met pikantrissies, pynappel, feta, olywe en spinasie (R68) wat in ’n houtoond gebak is. Waar is die kinders? Hulle speel op die klimrame of vryf die hasies en marmotte.
Ry hiervandaan na die ook bekend as “Morgs”. Richard Warren-Smith is ’n derdegeslageienaar sedert sy oupa die hotel in 1946 gekoop het. Van meet af aan was die hotel se slagspreuk “Families First”. Die hotel is stylvol met “stil” hoekies waar jy kan agteroorsit en boeklees of ’n potjie backgammon speel. Hier is ook oppassers wat na die jongspan kyk terwyl jy ’n hiker’s leg massage kry by die Milkwood-spa.
Stap in die laatmiddag wes op die strand in die rigting van die dramatiese rotse. Maak jouself tuis op ’n rots en kyk hoe die son vir Morganbaai groet: pure onverdunde Wildekus! Eet aandete by die hotel of gaan na die
langsaan vir hulle topverkoper – vis-en-tjips (R79), natuurlik. Koste Kamp: vanaf R265 per staanplek (vir 4 mense). En suite-dubbelkamer: vanaf R880 p.p. (met aandete en ontbyt), 40% afslag vir kinders tussen 5 en 10 jaar oud. Twee selfsorghuise: vanaf R900 p.n. (vir 4 mense) en R1 600 p.n. (vir 8 mense). Kontak 043 841 1062;
morganbayhotel.co.za
YELLOWWOOD FOREST ’n Eko-vriendelike selfsorgblyplek in die woud naby Morganbaai wat verskeie begrotings sal pas. ’n Goeie plek vir voëlskyk en hier is ook ’n teetuin en pizza-oond. Koste Kamp: vanaf R115 per staanplek (tot 6 mense per staanplek) en R15 p.p.p.n. Selfsorgkothuis: vanaf R600 p.n. (vir tot 5 mense). Hier is verskeie ander verblyfopsies – kyk op die webwerf. Kontak 043 841 1598; 084 582 2601;
yellowwoodforest.co.za
DOUBLE MOUTH ’n Stil en ongerepte kusreservaatjie sowat 5 km wes van Morganbaai waar twee riviere in die see uitmond. Hier is 30 kampplekke onder die bome, elk met ’n see-uitsig. Koste Kamp: R202 p.n. vir ’n staanplek (maksimum 6 mense) Kontak 043 705 4400;
visiteasterncape.co.za
>