DAG 3

Weg! - - Reis Wildekus - TRENNERYS HO­TEL. TREVOR’S TRAILS

Hier wag ’n a­von­tuur vir jul­le by die Kei­ri­vier­mon­ding so­wat 15 km oos van Mor­gan­baai – hou maar op die teer­pad wat weer aan­sluit by die R349. Die Kei­ri­vier was des­tyds die grens van die Trans­kei en is van­dag een van die min ri­vie­re in die land wat jy nog met ’n pont kan oor­steek.

Op ’n be­si­ge dag dryf hier tot 80 voer­tuie oor die ri­vier (R80 per voer­tuig).

Volg die grond­pad vir 15 km noord­oos tot by die Dié ho­tel dig­by die Q­ho­lor­ha­ri­vier­mon­ding is reeds in 1928 deur ene ko­lo­nel Ed­ward Gor­don ge­o­pen. Hy was ’n B­rit­se sol­daat wat in die Eer­ste Wê­reld­oor­log in E­gip­te ge­veg het en hom la­ter hier kom ves­tig het.

Maak ook ’n draai by die groot an­ker teen ’n boom na­by die ho­tel se ont­vangs. Dit het be­hoort aan die Ja­ca­ran­da, een van dié kus se i­ko­nie­se skeeps­wrak­ke. Die skip het in 1971 skaars 4 km van hier af op die rot­se ge­loop. Tot ver­le­de jaar toe kon ’n mens nog mooi fo­to’s daar gaan neem, maar die wrak is nou tot niet.

Gaan stap die mid­dag saam met Trevor Wig­ley en Car­los N­kon­ki die so­wat 5 km na The Ga­tes toe. Dis ’n be­son­der­se plek waar die Q­ho­lor­ha­ri­vier vir so­wat 60 m deur ’n “hek” – ’n na­tuur­li­ke ka­naal met hoë rots­wan­de aan weers­kan­te – vloei (R400 vir 4 gas­te, R100 p.p. wat by­kom). bied ver­skeie toe­re in die om­ge­wing aan, on­der meer ook ’n sons­on­der­gang­vaart op die Q­ho­lor­ha­ri­vier.

Span teen son­on­der uit op die ho­tel se stoep met ’n gin & to­nic – hier is ’n speel­ka­mer vir die kin­ders. Die be­stuur­der, S­her­win Carr, is pas­sie­vol en al­tyd doe­nig met die een of an­der op­knap­pings­wer­kie aan die ho­tel.

Sit aan vir ’n drie­gang­maal­tyd by die ho­tel. Hoe klink ert­jie-en-spek­sop, Ma­di­ba se guns­te­ling­hoen­der met ge­roos­ter­de groen­te en Pep­per­mint C­risp-tert? DIE PONT se tye: 7 vm.- 6 nm. (so­mer); 7 vm.-5.30 nm. (win­ter) TREVOR’S TRAILS 073 575 7223 (Trevor);

047 498 0025 (ho­tel, vir be­spre­kings)

WATERKAR (bo). Die Pont oor die Groot-Kei­ri­vier is jou poort tot die “ou Trans­kei”.

GESINSMEKKA (regs, bo). Die Kob Inn Be­ach Re­sort se swem­bad is bý die see.

ENTREPRENEUR (heel on­der). Cyn­thia Va­ke­le maak haar eie ju­we­liers­wa­re.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.