DAG 5

Weg! - - Reis Wildekus - NA­TUUR­RE­SER­VAAT, DWESA-

Eet ont­byt by Kob Inn – jy lees dalk net iets oor jou­self raak in die Kob Inn Dai­ly, ’n nuus­brief ag­ter­op die spys­kaart.

Kry ’n braai­pak by ont­vangs – dis in­ge­sluit by jou ver­blyf as jy nie by die ho­tel mid­dag­e­te eet nie. Van­aand braai jy by die

so­wat 74 km noord­oos

van Kob Inn.

Volg met jou GPS/Google Maps die ag­ter­pad die naas­te aan die kus, be­hal­we as jy op Wil­low­va­le wil stop vir pro­vi­and.

By Dwesa ver­ruil jy die groen heu­wels vir ’n dig­te in­heem­se woud. Hier’s al die ge­wo­ne din­ge wat ’n mens in ’n re­ser­vaat ver­wag: vo­ëls (so­wat 290 spe­sies, waar­on­der die skaars bos­loe­rie en man­gliet­vis­van­ger), die­re (rooi­hart­bees, bles­bok, blou­wil­de­bees, buf­fel en e­land), stap­roe­tes, ’n kamp­ter­rein... Maar Dwesa voel soos die re­ser­vaat aan die ein­de van die aar­de. Bui­te sei­soen kan jy mak­lik die e­nig­ste mens hier wees.

Stap na die Ko­bo­le­punt bin­ne die re­ser­vaat waar jou ka­me­ra oor­tyd gaan werk om die uit­sig oor die see en ri­vier (hier’s kro­ko­dil­le!) vas te vang. Jy kan van hier af ook dol­fy­ne en soms wal­vis­se sien.

Maar van­dag is ook ’n blaas­kans­dag. Knip ’n uil­tjie in jou cha­let en braai la­ter die aand tjops en wors on­der die woud se bla­re­dak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.