DAG 6

Weg! - - Reis Wildekus - BU­LUN­GU­LA LOD­GE

Eet vroeg­og­gend spek-en-ei­ers by jou cha­let en val in die pad. Ry so­wat 20 km te­rug op die­self­de roe­te as gis­ter en draai dan noord. Van­dag ry jy 120 km, maar sit ’n goeie drie uur op­sy. Ná so­wat 50 km sien jy ’n bord­jie na links: Ko­ning Hint­sa se graf. Hint­sa, wat van­dag as ’n X­ho­sa-mar­te­laar be­skou word, is in 1835 hier deur lt. Ge­or­ge Sout­hey dood­ge­skiet na­dat sy laas­te woord glo “uxo­lo” (vre­de) was.

Gaan soek ge­rus die graf (S32.20061 E28.68715). Dit was met ons be­soek erg toe­ge­groei, maar dit is nie­te­min ’n a­von­tuur.

Van­dag is jy nog die­per die Wil­de­kus in. Jy word om­ring deur heu­wels, hut­te, berg­pas­se en dui­se­ling­wek­ken­de val­leie soos die M­bas­he­r­i­vier­val­lei. En voor jy jou kom kry, klim jy wéér uit vir ’n fo­to. Jy be­hoort teen mid­dag­e­te by die

aan te kom. Pak af en smul aan ’n tra­di­si­o­ne­le X­ho­sa-mid­dag­e­te van pap en blom­kool of stamp­mie­lies en bo­ne (R40 p.p.).

Bu­lun­gu­la is ’n eko-lod­ge (die toi­let­te en stor­te is vin­ding­ryk... gaan kyk self) en ’n be­kroon­de ge­meen­skaps­pro­jek. Hier’s daag­liks om 3 nm. ’n toer (R80 p.p.) deur die na­by­ge­leë N­qi­le­ni-ne­der­set­ting waar jy die in­wo­ners en hul­le tra­di­sies leer ken.

Huur ’n ka­no (R120 p.p.) en roei laat­mid­dag op die strand­meer – al wat jy hoor, is die sloesj van jou spa­ne deur die wa­ter. Slaan aand­e­te aan me­kaar in die ge­meen­skap­li­ke kom­buis, of be­stel by die lod­ge (R70 p.p.)

Skerp laat­aand jou trom­vaar­dig­he­de op om die vuur saam met van die plaas­li­ke in­wo­ners. Of lê in jou ron­da­wel en luis­ter hoe dié trom­me se doef-doef soos ’n hart­klop oor die heu­wels heen weer­galm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.