DAG 7

Weg! - - Reis Wildekus - PAPAZELA’S PIZ­ZA, THE HOLE IN THE WALL HO­TEL W­HI­TE CLAY RE­SORT.

Be­stel die vo­ri­ge aand Sunrise Pan­ca­kes (R60 p.p.) en stap tot by die naas­te duin. Ek weet jy’s traag om te ver­trek, maar Bu­lun­gu­la gaan nê­rens heen nie. Kom vol­gen­de jaar weer – vir lan­ger.

Tik “BP Nt­la­li” op Google Maps in en volg die ag­ter­paaie vir 60 km tot by die pe­trol­sta­sie in M­qan­du­li. Gooi brand­stof in en koop ’n pak­kie Sim­ba om jou te hou tot op Kof­fie­baai.

Hier­van­daan is dit nog 60 km met die T310-teer­pad langs tot op Kof­fie­baai, een van daai e­wi­ge va­kan­sie­plek­ke, waar jy be­slis ’n paar hip­pies en le­wens­ge­nie­ters in ki­koi’s gaan raak­loop.

Kof­fie­baai is dalk nie al­mal se kop­pie tee nie, maar jy móét een­vou­dig by die Hole-inthe-Wall-rots­for­ma­sie uit­kom.

Eet mid­dag­e­te by Lu­ke Field se ge­wil­de piz­za-re­stau­rant met van die bes­te uit­sig­te oor Kof­fie­baai. Jy kan nie ’n fout maak met die Papazela – met maal­vleis, uie, groen ris­sie en knof­fel – nie (R85).

Ry in die ag­ter­mid­dag 10 km suid (die pad word tans her­bou, maar is nog goor op plek­ke) na Hole-in-the-Wall. Daar is ’n goeie re­de waar­om Hole-in-the-Wall op so­veel men­se se buc­ket list is, want dis een­vou­dig ’n ge­o­lo­gie­se won­der­werk: Die bran­ders het oor dui­sen­de ja­re heen ’n groot gat in die reu­se-rots­muur ge­vreet.

Jy kan by aand­e­te eet en oor­nag of te­rug­keer Kof­fie­baai toe. In­dien jy te­rug­ry Kof­fie­baai toe, eet aand­e­te by die Die see­kos­bord (R220) sluit vars lyn­vis in wat vroe­ër die dag nog in die see ge­snor­kel het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.