DAG 8

Weg! - - Reis Wildekus - MDUMBI BACKPACKERS, NA­TUUR­RE­SER­VAAT. HLU­LE­KA-

Val vroeg in die pad – mik noord op die T310. (As jy nog ’n paar goed­jies no­dig het, ry eers na die Ng­cwan­gu­ba Me­ga­sa­ve, 18 km wes van Kof­fie­baai.)

Van­dag ry jy tot by Hlu­le­ka. Die re­ser­vaat is net 45 km van Kof­fie­baai af, maar maak ge­reed vir min­stens ’n uur en ’n half se ry met dié ag­ter­pad. En in elk ge­val, wat jaag jou? Teen dié tyd is jy net so ont­span­ne soos die bees­te wat in die mid­del van die pad wei. Draai half­pad na Hlu­le­ka af na die

ge­leë op – ek weet ek klink soos ’n hak­ken­de gram­mo­foon­plaat – een van die mooi­ste stuk­kies kus­lyn in die gan­se ou Trans­kei.

Sit op die heu­wel ag­ter die backpackers en kyk na die bees­te doer on­der op die strand. As daar e­ni­ge bran­der­plank­ry­ers on­der jul­le is, mik strand toe – die bran­ders hier is wê­reld­klas. Loer in by die backpackers se re­stau­rant en be­stel mid­dag­e­te, van kook­kos tot ’n ve­ge­ta­rie­se wrap.

Jy ver­an­der dalk jou plan­ne net hier en be­sluit om vir ’n week in ’n hang­mat by Mdumbi te lê, maar stoot aan na die

So­dra jy Hlu­le­ka bin­ne­ry en die pa­no­ra­mie­se uit­sig oor die rots­ag­ti­ge kus­lyn en die in­heem­se woud sien, raak ’n mens van nuuts af ver­lief op die Wil­de­kus.

Jy’s waar­skyn­lik die e­nig­ste mens in jou vrien­de­kring wat al by dié weg­ge­steek­te re­ser­vaat was. Hier’s nou nie die Groot Vyf nie, maar waar an­ders sien jy wei­en­de se­bras en selfs ’n paar e­lan­de met die see in die ag­ter­grond?

BRING JOU PLANK (bo). As jy daar­van hou om die gol­we te tem is Mdumbi ’n goeie speel­plek.

DRAMATIES (bo, regs). Die R61 bui­te Port St. Johns.

KYK WYD, KYK WILD (on­der). Al ses dub­bel­ver­die­ping-self­sor­g­cha­lets by die Hlu­le­ka-na­tuur­re­ser­vaat het ’n see-uit­sig. Soms kom kui­er selfs die se­bras.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.