DAG 9

Weg! - - Reis Wildekus - HOLIDAY RE­SORT MONSTER, CREMORNE UMNGAZI RIVER BUN­GA­LOWS DELICIOUS

Die ag­ter­paaie noord van Hlu­le­ka is nie in die bes­te toe­stand nie; mik dus ná ont­byt reg­uit na die R61-teer­pad.

Port St. Johns het ’n woe­li­ge dorps­kern, maar gaan sit jou tas­se neer by die

of bui­te die dorp. Ry ver­by Se­cond Be­ach en oor die Bu­lo­lo­ri­vier, waar die bees­te op die strand lê en her­kou. Eet mid­dag­e­te by die

’n to­p­res­tau­rant in Port St. Johns met ’n uit­sig oor dié strand. As jy in ’n bui is vir see­kos, pro­beer die ro­me­ri­ge kreef en mos­sels (R120).

Ry te­rug Port St. Johns toe en soek die be­ken­de Blow Hole na­by die Mt­hum­ba­ne­towns­hip (volg die pad­bord­jies tot bo-op die heu­wel). Hier­van­daan is dit ’n kort stap­pie na die Blow Hole, waar see­wa­ter deur ’n keep in die rot­se die lug in spuit. As jy ge­luk­kig is, bal­jaar ’n skool van meer as 200 dol­fy­ne voor jou in die bran­ders.

Ter­wyl jy oor die see staar, ver­staan ’n mens hoe­kom par­ty men­se die stad en sy din­ge ag­ter­laat vir ’n le­we van een­voud tus­sen die groen heu­wels.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.