DAG 10

Weg! - - Reis Wildekus - M­BOTYI RIVER LOD­GE

Die is so­wat 66 km van Port St. Johns af, meest­al langs die R61-teer­pad. Draai regs voor die dor­pie Lu­si­ki­si­ki – dis nog 20 km grond­pad tot by die lod­ge op ’n heu­wel, ’n klip­gooi van die see af.

Trek jul­le stap­skoe­ne aan so­dra jul­le af­ge­pak het. Jy kan van M­botyi af die 14 km stap tot by Wa­ter­fall Bluff – ’n wa­ter­val wat teen ’n 100 m hoë krans di­rek in die see stort.

’n An­der op­sie, wat baie min­der in­span­ning verg, is om saam met Fa­nie du P­reez die 4x4-roe­te (so­wat 45 km) tot by die Lu­put­ha­na­ri­vier­mon­ding te ry – van daar af is dit net 5 km se stap tot by Wa­ter­fall Bluff (R400 p.p.)

Neem die om­ge­wing rond­om jou vir ou­laas in: die ru­we rot­se, die wa­ter­val wat bruis tot in die diep­blou see... As jy nog fiks en vars voel, stap die 3 km tot by die Cat­he­dral Rockrots­for­ma­sie. Die naam is ge­pas, want daar is iets hei­ligs aan die skoon­heid en stil­te van die groen land­skap.

Te­rug by M­botyi kan jy aan­sit vir aand­e­te – die do­ra­do is tops.

Mô­re keer jy huis­waarts, na die wê­reld en le­we wat jy ken. Mag die Wil­de­kus nog lank on­ver­an­derd bly. In Ma­di­ba se woor­de: “The­re is no­thing li­ke re­tur­ning to a pla­ce that re­mains un­chan­ged to find the ways in which you your­self ha­ve al­te­red.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.