VAARVAKANSIE OP DIE TEEMS Sam Bas­ch

Weg! - - Leser Vertel Engeland -

en sy ge­sin ver­trek op ’n be­kos­tig­ba­re boot­va­kan­sie op die Teems­ri­vier in En­ge­land. Hier be­stuur jy self jou boot van kroeg tot kerk.

Langs die oor­be­ken­de paaie in En­ge­land lê ’n by­na ver­slui­er­de land­skap wat toe­ris­te nie raak­sien nie. In dié land­skap kron­kel ou wa­ter­weë uit ’n era vóór daar be­hoor­li­ke paaie was: die Teems­ri­vier en sy ka­na­le. Ek en my vrou, An­na, het by ons seun, Al­wyn, in En­ge­land ge­kui­er. Met die wis­sel­koers in ge­dag­te wou ons iets lek­kers en be­kos­tig­baars doen saam met hom en sy B­rit­se mei­sie, Li­sa. Ons het toe be­sluit op ’n vier dae lan­ge boot­toer op die Teems­ri­vier. Jy be­stuur self die boot, wat jou ry­ding én slaap­plek is.

’n Mens vor­der sta­dig op die ri­vier, maar soos wan­neer ’n mens te voet of per fiets reis, kry jy van die wa­ter af ’n gans an­der per­spek­tief en er­vaar so­veel méér van die land. Voor­dat jy jou kom kry, be­vind jy jou in ’n son­der­lin­ge land­skap met heel­wat min­der toe­ris­te. By die dor­pie Benson, so­wat 77 km oos van Lon­den, klim ons ná ’n kort op­lei­ding­ses­sie aan boord. Hier het ons ge­leer hoe om vas te

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.