CINDY BE­STER

Weg! - - Mense Se Lense -

Ni­kon D5100 Nik­kor 18-55 mm-lens

CINDY VER­TEL: Ek het vroeg­dag hier­die fo­to van die S­hark Rock-pier by Ho­bie­strand in Port E­li­za­beth ge­neem. Dit was ’n be­wolk­te og­gend en ek was nie se­ker of ek ’n mooi sons­op­koms sou sien nie. Maar die kleu­re was a­sem­ro­wend!

SOPHIA SÊ: Hier­die twee fo­to’s is skaars se­we mi­nu­te uit me­kaar ge­neem – dit wys jou net hoe ’n paar ver­stel­lings aan jou ka­me­ra, te­sa­me met ’n an­der lig­le­sing, ’n fo­to kan ver­an­der.

Die eer­ste fo­to is met ’n slui­ter­spoed van ’n vol­le 6 se­kon­des ge­neem, van­daar die wa­si­ge ef­fek op die wa­ter. Cindy se ISO-ver­stel­ling van 100 was laag vir die min lig tot haar be­skik­king, maar om­dat die ISO so laag was, kon die ka­me­ra wel die dou­voor­dag-droom­kleu­re in die wol­ke en wa­ter vas­vang. Cindy het haar lig-me­ting op die pier (eer­der as die wol­ke) ge­neem en daar­om is die lug plek-plek heel­te­mal uit­ge­was.

Toe ek na die tweede fo­to kyk, het ek da­de­lik ge­dink Cindy het dié keer die be­lig­tings­kom­pen­sa­sie (daar­die plus­mi­nus-me­ter­tjie) in die mi­nus ge­druk... toe nie! In­teen­deel, haar be­lig­tings­kom­pen­sa­sie­ver­stel­ling was op nul, maar sy het dié keer die ISO na 400 ver­hoog én di­rek vir die sons­op­koms ge­kor­rel. Die ka­me­ra het dus die be­lig­ting in die hel­der­ste deel van die fo­to ge­meet en daar­om is daar meer teks­tuur in die wol­ke sig­baar. Die ry­ker kleu­re sorg ook vir ’n dra­ma­tie­se ge­voel. In die pro­ses ver­loor ’n mens de­tail in die ska­du­ge­deel­tes en die pier word ’n sil­hoe­ët. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.