DA­NIE OPPERMAN

Weg! - - Leser Vertel Engeland -

Ca­non 7D Mk. II Ca­non 100-400 mm-lens

SOPHIA SÊ: Da­nie het al voor­heen kort­bek­sui­ker­bek­kies pro­beer af­neem, maar dis moei­lik – hul­le sit nooit stil nie! Op ’n be­soek aan S­ku­ku­za in die Kru­ger­wild­tuin het hy eg­ter sy kans ge­kry: Die aal­wy­ne was in blom en die snoep vo­ël­tjies was só op­ge­trek met die soet nek­tar dat hul­le lank ge­noeg ver­toef het so­dat Da­nie sy fo­to kon neem.

Dis die de­tail in die blink veer­tjies wat my oog tel­kens weer na hier­die fo­to te­rug­lok. Da­nie se klein fo­kus­diep­te van f5 het ge­sorg dat slegs sy voor­werp in fo­kus is. Met dié ver­stel­ling ver­dof die bos­veld en aal­wyn­blom ag­ter die sui­ker­bek­kie tot ’n sag­te kleur­waas waar­teen die vo­ël­tjie kan uit­staan.

Met die 100-400 mm-lens op sy ka­me­ra kon Da­nie ook oor ’n af­stand op mnr. Sui­ker­bek in­zoem en hom dus nie laat skrik en weg­vlieg nie. En hy’t ook ge­dul­dig ge­wag tot­dat die vo­ël sy kop só draai dat die lig sy oog tref... dís die ver­skil tus­sen ’n op­ge­stop­te en ’n le­wen­di­ge voor­werp!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.