JA­MES BUYS

Weg! - - Mense Se Lense -

So­ny Cy­bers­hot DSC HX300

SOPHIA SÊ: Swart-wit fo­to’s werk ver­al goed in twee sce­na­rio’s: Eer­stens, wan­neer ’n mens ’n baie “be­si­ge” fo­to wil tem­per deur die kleu­re te demp en ge­volg­lik eer­der die teks­tu­re (of ge­sigs­uit­druk­kings) die praat­werk wil laat doen.

En twee­dens wan­neer daar sterk pa­tro­ne, ly­ne of lig­kon­tras­te in die kom­po­si­sie is wat jy graag wil be­klem­toon. In al­bei ge­val­le laat dit die ky­ker fy­ner op­let, bloot om­dat ons oë kleur as van­self­spre­kend aan­vaar en só ’n af­wy­king van die norm dan jou aan­dag trek.

In Ja­mes se ge­val was dit die sterk pa­troon van die vier bul­le se per­fek ge­spa­si­eer­de ho­rings wat hom op swart-wit laat be­sluit het.

“Ons was in die Ma­han­go-deel van die B­waB­wa­ta-na­tuur­re­ser­vaat in Na­mi­bië en het op ’n groep van so­wat 40 swart­wit­pen­se af­ge­kom.

Dié vier­man­skap het een­kant on­der ’n ka­meel­do­ring­boom ge­lê – net mooi lank ge­noeg dat ek per­fek in lyn met hul­le kon stil­hou en die fo­to neem,” ver­tel hy.

Praat van op die reg­te tyd op die reg­te plek wees! Om­dat ’n mens ook nie kan sien of die om­lig­gen­de do­ring­bo­me droog of mooi groen is nie, ver­leen swart-wit ook ’n tyd­loos­heid aan die fo­to. Maak maar ge­rus weer so, Ja­mes. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.