GEO JOOSTE

Weg! - - Mense Se Lense -

Ca­non 7D Mk. II Ca­non 600 mm-lens

GEO VER­TEL: Dit was net ná dag­breek na­by die Rooi­puts-kamp­plek in die K­gala­ga­di en ek het ’n deur­stut op my kar se af­ge­rol­de mo­tor­ruit ge­bruik so­dat die swaar ka­me­ra­lens nie in my han­de sou be­we nie.

SOPHIA SÊ: Met slegs sy bui­te­lyn be­lig, lyk hi­ë­na se kind am­per mooi. Die hi­ë­na is nou wel nie die aan­skou­lik­ste dier nie, maar dit is juis daar­die bak ore en ken­mer­ken­de pos­tuur wat maak dat ’n mens hom selfs in die swak­ste lig kan ei­en.

Nog iets wat in Geo se guns tel, is die feit dat ’n hi­ë­na se pels maar al­tyd so ’n bie­tjie on­ver­sorg lyk – maar dié klos­se­ri­ge haar­styl sorg vir goeie ma­te­ri­aal waar­van­daan die son se eer­ste stra­le kan te­rug­kaats.

Die fo­to is iet­wat on­der­be­lig (-0.7 stop); dus is die hi­ë­na se ge­laat of kol­le glad nie sig­baar nie. Maar dit ver­oor­saak wel dat die stra­le­krans om sy se ore, nek, pens en stert nog meer be­klem­toon word.

Hier­die fo­to se ab­strak­te een­voud is tref­fend.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.