ZIES VAN ZYL

Weg! - - Mense Se Lense -

Ni­kon D3S Sig­ma 150-600 mm-lens

SOPHIA SÊ: Hier­die fo­to het ’n mooi ge­demp­te pa­let, soos ’n Pier­neef-skil­de­ry. Dis ’n to­neel wat ’n mens ge­reeld op die ri­vie­re in Noord-Botswa­na (in hier­die ge­val die C­ho­be) en die Zam­be­sistreek sien, maar jy raak nie som­mer uit­ge­kui­er met dié kod­di­ge spe­sie met sy ruim­te­man­ne­tjie­to­ne nie!

Zies se ge­mid­del­de fo­kus­diep­te van f8 sorg dat die vo­ël vol­le­dig in fo­kus is, maar die ag­ter­grond nie steur nie. Te­sa­me met die groot­lang­toon is net ge­noeg van sy di­rek­te om­ge­wing skerp ge­fo­kus om die mooi kar­tel­ran­de van die le­lie­bla­re en die oom­blik waar­in die wa­ter bo-oor sy poot spoel, ook on­der die ky­ker se aan­dag te bring.

Die fo­to is só ge­sny dat die lang­toon ín die raam so­wel as die son in­stap en die per­fek­te kant­pro­fiel sorg dat ’n mens die ver­hou­ding van poot-tot-romp mooi kan be­kyk.

En het jy daar­die ste­kels on­der die groot­lang­toon se bors op­ge­let? Glo dit of nie, maar dis die po­te van die kui­kens wat hier­die man­ne­tjie on­der sy vler­ke saam­dra!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.