Die bes­te van die bes­te

Weg! - - Mense Se Lense -

SAAMGESTEL DEUR

Staan na­der, al­le as­pi­rant-na­tuur­fo­to­gra­we! As jy be­ter fo­to’s wil neem, is hier­die die ou­ens by wie jy wil leer – die wen­ners en fi­na­lis­te van die be­ken­de Na­tuur­fo­to­graaf van die Jaar-kom­pe­ti­sie. Tim La­man het die al­ge­he­le prys ge­wen vir sy fo­to van ’n o­rang­oe­tang wat op die ei­land Bor­neo teen ’n wurg­vy op­klim wat met ’n an­der boom in­een­ge­stren­gel is. La­man se fo­to is een van ve­le wat die soek­lig plaas op ge­va­re waar­deur wil­de die­re in die ge­sig ge­staar word, meest­al weens ha­bi­tat­ver­lies, stro­ping en kli­maats­ver­an­de­ring.

Nog ’n hart­ver­skeu­ren­de fo­to was een deur die fo­to­graaf Paul Hil­ton van ’n ge­hei­me be­sen­ding van so­wat 4 000 be­vro­re ie­ter­ma­go’s wat on­der­skep is in In­do­ne­sië voor dit in C­hi­na kon aan­kom. Maar dis nie als sleg­te nuus nie. Die kom­pe­ti­sie wys ook raar to­ne­le wat jou laat reg­op sit en stáár – soos hier­die vier fo­to’s wat ons ge­kies het om op dié blad­sye te deel.

Die kom­pe­ti­sie word aan­ge­bied deur die Na­tu­ral His­to­ry Mu­seum in Lon­den en die wen­ners en fi­na­lis­te se werk is daar uit­ge­stal voor­dat dit op ’n wê­reld­toer ver­trek het. Die uit­stal­ling kom on­ge­luk­kig nie Suid-A­fri­ka toe nie, maar gaan kyk by

nhm.ac.uk/vi­sit/wpy.html vir ’n aan­lyn­ga­le­ry. ’n Lui­perd loop tus­sen hui­se in die Aa­rey Milk Co­lo­ny aan die bui­te­wy­ke van Moem­bai waar melk­koeie aan­ge­hou word. Dit grens aan die San­jay Gand­hi- na­si­o­na­le park. Lui­perds loop soms deur die gan­ge van die ge­bied op soek na kos, ver­al rond­lo­per­hon­de.

Die men­se wat hier woon, kom ge­reeld lui­perds teë, maar hul­le het ge­leer hoe om in re­la­tie­we har­mo­nie met dié groot­kat­te saam te leef. Die fo­to­graaf Na­y­an K­ha­nol­kar wou dié ver­hou­ding vas­vang, en dit het vier maan­de se ge­duld, be­plan­ning en po­si­si­o­ne­ring van sy ka­me­ra en flit­se ge­kos. (K­ha­nol­kar het waar­skyn­lik nie met die ka­me­ra in sy hand ge­staan en die fo­to ge­neem nie, maar eer­der met sen­sors wat die knop­pie “druk” wan­neer daar be­we­ging is.) Sy fo­to was die wen­ner in die ka­te­go­rie ste­de­li­ke fo­to’s.

Ni­kon D7000 in ’n pas­ge­maak­te huls; 18-105 mm-lens; slui­ter­spoed 1/20ste van ’n se­kon­de; lens­o­pe­ning f7.1; ISO 400; met drie flit­se en in­fra­rooi-sen­sors. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.