Die gees van die ber­ge

Weg! - - Mense Se Lense Portefeulje -

Hier­die fo­to­graaf neem die af­ge­lo­pe twee jaar fo­to’s van die land­skap­pe rond­om die Aosta-val­lei waar hy bly; dis langs I­ta­lië se Gran Pa­ra­diso- na­si­o­na­le park. Ná ’n he­le paar dae se re­ën en sneeu het hy ge­weet die ber­ge gaan toe wees on­der wol­ke. Hy het tot by dié punt ge­stap, waar groot lor­ke­bo­me – som­mi­ge tot 250 jaar oud! – teen ’n dra­ma­tie­se ag­ter­grond staan.

Hy het ge­hoop hy kan die Eu­ro­pe­se s­teen­bok af­neem, maar pleks daar­van het hy ’n lam­mer­g­ei­er ge­sien wat by­na on­sig­baar was in die wol­ke. Hier­die aas­vo­ëls is ’n eeu ge­le­de ge­jag tot­dat hul­le uit­ge­sterf het, maar ná ’n lang­ter­myn-be­wa­rings­pro­jek skrop die spe­sie weer hier nes.

Ter­wyl hy nog ’n fo­to neem, het ’n swerm steen­kraaie ver­skyn, met die aas­vo­ël wat am­per soos ’n spook ag­ter hul­le hang. S­te­fa­no se fo­to was die wen­ner in die ka­te­go­rie land, wat op land­skap­pe fo­kus.

Ni­kon D3S; 200-400 mm-lens; slui­ter­spoed 1/400ste van ’n se­kon­de; lens­o­pe­ning f4; ISO 400. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.