EK WIL OOK GAAN

Weg! - - Doen Dit Suicide Gorge -

Hoe fiks (en dap­per) moet ek wees? Die roe­te strek oor so­wat 17 km en hier is al­te­sa­me on­ge­veer 20 spron­ge waar­van net vier ver­plig­tend is. Die hoog­ste ver­plig­te sprong is 14 m.

As jy nie ge­mak­lik is met hoog­tes nie, sê lie­wer jy was jou ha­re as jy ge­nooi word. Maar jy hoef nie ’n vol­slae a­dre­na­li­ne jun­kie te wees om Sui­ci­de Gor­ge te ge­niet nie. As jy taam­lik ak­tief is, hou van die bui­te­le­we en nie bang is vir din­ge wat jou hart (baie) vin­ni­ger laat klop nie, skryf dit op jou ver­lang­ly­sie.

Daar moet min­stens een per­soon in jul­le groep wees wat die roe­te al ge­stap het – ’n gids is sterk aan te be­vo­le. Waar? Die Sui­ci­de Gor­ge-kloof­in­groe­te is in die Hot­ten­tots-Hol­land-na­tuur­re­ser­vaat na­by Gra­bouw. Dit is ’n vol­dag-uit­stap­pie. Stap­pers moet op die laat­ste om 9 vm. weg­spring en voor 7 nm. by die hek uit wees. Wan­neer? Die roe­te is net oop van 1 No­vem­ber tot 30 A­pril. Kos­te Per­mit­te moet min­stens ’n maand voor- uit be­spreek word. Dit kos R325 p.p. (be­wa­rings­ta­rief in­ge­sluit). ’n Gids kos so­wat R1 000 per dag.

F­rix­i­on Ad­ven­tu­res bied ook ’n be­ge­lei­de dag­toer teen R1 450 p.p. Die prys sluit in die per­mit, lig­te ont­byt, mid­dag­e­te, duik­pak en ’n droog­sak. Kon­tak Koop ’n per­mit by Kaap­se Na­tuur­be­wa­ring 021 483 0190; ca­pe­na­tu­re.co.za; F­rix­i­on Ad­ven­tu­res 021 761 6115;

f­rix­i­on.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.