DOEN­DIN­GE

Weg! - - Dorp Van Die Maand Hogsback -

Gaan stap. Op Hogs­back móét jy gaan stap. Koop Ken Har­vey se gids Hogs­back Hi­kes (R30) by Cry­stal Cor­ner of The Ed­ge Moun­tain Retre­at. Dit be­vat in­lig­ting en kaar­te vir 14 stap­roe­tes. Die wins­te van die boe­kie word ge­bruik om die roe­tes in stand te hou.

Koop ook ’n stap­per­mit teen R10 p.p. by die in­lig­ting­sen­trum. Die ge­wild­ste stap­roe­te is na die Big Tree (2 uur) en die Ma­don­na and Child-wa­ter­val (4 uur). Jy kan op ver­skil­len­de plek­ke weg­spring, soos by die S­wal­lo­w­tail-kamp­ter­rein of by A­way with the Fai­ries­back­pac­kers – sien bl. 114. Nog ’n stap­tog met mooi uit­sig­te is na die Kett­le­spout-wa­ter­val (1 uur). By dié wa­ter­val kyk jy te­rug in die Ty­hu­me­val­lei in die rig­ting van die Hob­bi­ton-op­lei­ding­sen­trum en Hogs­back – ’n puik plek vir ’n ske­mer­kel­kie. Dié wa­ter­val word so ge­noem om­dat die wa­ter­val­le oor die af­grond stort soos kook­wa­ter uit ’n ke­tel se tuit. Die Bluff-stap­roe­te (2 uur) na­by The Ed­ge Moun­tain Retre­at is ’n mak­li­ke roe­te.

Ry berg­fiets. Laat jou spe­ke sing in die in­heem­se woud! Koop ’n per­mit (R30 p.p.) by Hogs­back Ad­ven­tu­res oor­kant die in­lig­ting­sen­trum. Huur ’n fiets teen R60 p.p. per uur. Hogs­back Ad­ven­tu­res bied ook be­ge­lei­de fiets­ry­toe­re van 4 uur na wa­ter­val­le, uit­kyk­pun­te en piek­niek­plek­ke (R500 p.p.). Kon­tak 073 567 9487 (Neels);

hogs­back­ad­ven­tu­res.co.za

Ab­seil. Durf ’n 35 m hoë rots­wand by die Ma­don­na and Child-wa­ter­val saam met Hogs­back Ad­ven­tu­res aan (R290 p.p.). Of doen ’n kom­bi­na­sie van berg­fiets­ry, ab­seil en stap in die woud vir R500 p.p.

Ry perd. Ter­ra-K­ha­ya bui­te Hogs­back bied be­ge­lei­de per­de­rit­te in die woud teen R300 p.p. vir 90 mi­nu­te – sien bl. 114.

Kyk vo­ëls. Gra­ham Rus­sel is ’n er­va­re vo­ël­gids in die om­ge­wing. Kon­tak hom vir ’n be­ge­lei­de stap­pie deur die woud – dalk sien jy die skaars woud­pa­pe­gaai of ’n bos­loe­rie! (R300 vir 2 men­se). Kon­tak 045 962 1084;

082 374 6583

Soek ’n fee. Stap 400 m deur die Ca­me­lot Fai­ry Re­alm se tuin en kyk na Pa­trick S­mith se meer as 130 beel­de van fe­ë­tjies, ka­bou­ters, dra­ke en selfs ’n een­ho­ring. Oop Daag­liks 9 vm.-4 nm. Kos­te R35 p.p. (R15 p.p. vir kin­ders jon­ger as 12) Kon­tak 045 962 1098;

ca­me­lot-cot­ta­ges.co.za

Waar­deer die na­tuur. Die kuns­te­naar Di­a­na Gra­ham het in 1995 saam met ’n plaas­li­ke mes­se­laar, Da­gam­nya­ma Wa­ra, ’n al­taar vir die na­tuur ge­bou.

Dis ’n se­ment­kraal waar al­ler­lei o­lie­verf­skil­de­rye, mo­sa­ïek- en beeld­hou­werk met ’n be­wa­rings­te­ma uit­ge­stal word. Di­a­na stap graag saam met be­soe­kers ver­by die on­der­skeie pa­ne­le en jy kan ook

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.