BLY HIER

Weg! - - Dorp Van Die Maand Hogsback -

Map­le Gro­ve Drie self­sor­ghui­sies in ’n rus­ti­ge, boom­ry­ke om­ge­wing. Lees boek in die tuin on­der die es­do­ring­bo­me of kui­er bin­ne langs die kag­gel. Waar? Win­ding­laan, so­wat 3,3 km van die dorps­kern af. Kos­te Van­af R590 p.n. vir 2 men­se. Kyk op die web­werf vir nog op­sies. Kon­tak 045 962 1116;

maple­gro­ve.co.za

A­way with the Fai­ries Dié backpackers (hier is ook self­sorg­een­he­de) is op die rand van die pla­to­rand, met van die bes­te uit­sig­te oor die Hogs­back­ber­ge.

Die kroeg is ’n ge­wil­de kui­er­plek saans, ver­al vir die jon­ger in­wo­ners op die dorp. Ver­skeie ge­wil­de stap­roe­tes be­gin van hier af. Waar? Hy­dran­ge­a­laan 24. Kos­te Kamp: R90 p.p. Kot­huis met klein kom­buis: R600 p.n. (vir 2 men­se) Kon­tak 045 962 1031;

a­wa­y­wit­ht­he­fai­ries.co.za

The Ed­ge Moun­tain Retre­at Die keu­ri­ge self­sorg­kot­hui­se en en sui­te-ka­mers is ook na­by die rand van die pla­to­rand. Die mees­te van die kot­hui­se het uit­sig­te oor die Ty­hu­me­val­lei. (Par­ty selfs uit die bad!) Waar? 4 km bui­te Hogs­back. (S32.60171 E26.91751) Kos­te En sui­te-dub­bel­ka­mers: van­af R450 p.p.p.n. (met ont­byt). Self­sorg­kot­huis: van­af R650 p.n. (2 men­se). Kon­tak 045 962 1159;

theed­ge-hogs­back.co.za Ter­ra-K­ha­ya Hier­die eko-backpackers met pri­vaat­ka­mers is op ’n plaas bui­te die dorp.

Ál­les hier is ge­bou van her­won­ne ma­te­ri­aal, en son­pa­ne­le ver­skaf krag. Die ont­vangs is van mod­der en bees­mis en een van die ka­mers lyk soos ’n mo­der­ne shack! Jy kan ook hier perd­ry. Waar? 4 km bui­te Hogs­back. Ry deur die hoof­straat en volg die bord­jies. Kos­te Kamp: Van­af R90 p.p.; slaap­saal­ka­mer: R135 p.p.; dub­bel­ka­mer: van­af R325 p.n.; ge­sins­ka­mer (slaap­plek vir 4 men­se): van­af R595 p.n. Jul­le deel ’n kom­buis en eko-vrien­de­li­ke a­blu­sie­blok­ke Pry­se sluit ont­byt in; e­tes ook be­skik­baar. Kon­tak 082 897 7503;

ter­rak­ha­ya.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.