Leeus: 1, Ka­meel­perd: 0

Weg! - - Vooraf -

Ons het op dié on­ge­loof­li­ke to­neel af­ge­kom by die Veer­tien­de Boor­gat-wa­ter­gat na­by die Ma­ta-Ma­ta­rus­kamp in die K­gala­ga­di-oor­grens­park.

Ons het eers net een leeu en die ka­meel­perd ge­sien. S­kie­lik het ’n twee­de leeu op­ge­daag. Saam het hul­le die ka­meel­perd aan­ge­val. Dit het drie tot vier po­gings ge­verg voor­dat hul­le die ka­meel­perd kon plat­trek. Die ka­meel­perd se voor­poot was be­seer. Die leeus het vyf dae lank by die kar­kas ge­bly.

DANIE VENTER, P­re­to­ria Danie wen ’n Zo­fa-op­blaas­bank ter waar­de van R700. Trek bloot die Zo­fa deur die lug en bin­ne se­kon­des het jy ’n ge­mak­li­ke sit- of lê­plek vir die kamp­plek, op die strand of in die swem­bad – jy het nie ’n pomp no­dig nie. Die Zo­fa is ge­maak van sterk, wa­ter­dig­te val­skerm­ma­te­ri­aal. Dis lig­ge­wig (net 1,3 kg) en word in ’n net­jie­se dra­sak ver­pak. Gaan na zar­tek.co.za of be­stel een by weg.win­kel.co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.