Lank le­we die Suid­kus!

Weg! - - Vooraf Briewe -

Ek was in ver­voe­ring toe ek die strand­gids lees in Weg se De­sem­ber-uit­ga­we, en het op­nuut saam­ge­toer en baie kos­ba­re her­in­ne­rin­ge ont­hou. Ons het da­rem maar die mooi­ste kus­dor­pies in die gan­se wê­reld.

Ek sit op U­von­go se mooi strand en dit voel as­of ek op ’n tro­pie­se ei­land is. Die geu­re van klap­per­o­lie be­to­wer my sin­tuie en hier heers ’n gees van bly­moe­dig­heid en op­win­ding. Ou­pas en ou­mas s­peel en lag saam met hul­le klein­kin­ders.

Hier eet jy lek­ker draai­room­y­se en ge­niet ’n piz­za op die strand. Hier is ge­noeg koel­te vir die­ge­ne wat nie hou van die son se warm stra­le nie.

Die strand en toi­let­te is sil­wer­skoon, en hier is stor­te om die sand van jou lyf af te spoel. U­von­go is tops! ANTOINETTE S­CHOE­MAN,

Rie­beeck­stad

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.