Hou klip­sta­pels vir jou rots­tuin

Weg! - - Vooraf Briewe -

Ons het on­langs deur die Rich­ters­veld-oor­grens­park ge­toer en dit was ont­stel­lend hoe­veel klip­sta­pels reg­deur die park op­ge­rig word. Men­se ry selfs van be­staan­de spo­re af om by ’n “ge­skik­te” plek sta­pels op te rig. Ek het nie ’n pro­bleem met die klip­sta­pels langs die pad as jy die park van die Vi­ools­drif-kant af bin­ne­ry nie. Dit lyk nog­al in­druk­wek­kend.

Maar be­soe­kers moet dit nie bin­ne die park doen nie. Dit ont­sier die om­ge­wing. Jy wil mos nie klip­sta­pels op die ho­ri­son sien wan­neer jy foto’s neem nie.

Ie­mand het ’n groot klip­sta­pel op­ge­rig op die rant­jie reg ag­ter die kamp­plek by De Hoop en die ver­me­tel­heid ge­had om die da­tum en hul­le na­me daar­op te verf. ’n Baie dom ding om te doen! Nou kan hul­le ge­ï­den­ti­fi­seer word vol­gens die park se re­gis­ter.

Wat­ter soort mens ry verf saam met die doel om jou naam op klip­pe en rot­se te verf? Sul­ke men­se hoort nie in ons par­ke nie. Kan ’n swart­lys­stel­sel nie in­ge­stel word om hul­le toe­gang te wei­er nie?

Ek en my vrou het meer as 30 sul­ke sta­pels af­ge­breek. Ons het die klip­pe ver­sprei so­dat ie­mand nie net mak­lik weer met dié klip­pe ’n sta­pel kan bou nie.

WILHELM VAN ROOY­EN, P­re­to­ria

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.