Ts­hokwa­ne stel te­leur

Weg! - - Vooraf Briewe -

Ek bly in Mar­loth-park langs die Kru­ger­wild­tuin en eet ge­reeld ont­byt by die S­ku­ku­za- of On­der-Sa­bie-rus­kamp. Na­dat ek ge­lees het van die op­knap­pings by die Ts­hokwa­ne-piek­niek­plek in Weg se De­sem­be­r­uit­ga­we, het ons be­sluit om soon­toe te gaan.

Die win­kel en kook­ge­rie­we vir dag­be­soe­kers is op­ge­knap, maar die diens bly swak. Ons het ge­suk­kel om twee ewe groot ta­fels te kry en vier stoe­le wat pas. Ons het aan­ge­neem die wilds­pas­teie (R45) sluit tjips in. Toe nie; dis R25 ek­stra. Die pas­teie word nie op die per­seel ge­maak nie en was skaars gro­ter as my hand. Ons het om 9 vm. be­stel en ons kos eers ’n drie­kwar­tier la­ter ge­kry. En al be­gin die werk­ne­mers om 7 vm., het hul­le eers die sky­fie­braai­er skoon­ge­maak toe ons tjips be­stel! Die oor­se­se toe­ris­te was glad nie be­ïn­druk nie. Die piek­niek­plek lyk be­slis be­ter, maar net soos in die ver­le­de is hier steeds ’n te­kort aan be­kwa­me per­so­neel.

JOHN BRYSON, Mar­loth-park

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.