My hart vir Har­ten­bos

Weg! - - Vooraf Briewe -

My dog­ter, Ja­na (15), het dié ge­dig in die ek­sa­men­lo­kaal ge­skryf ter­wyl sy droom oor ons va­kan­sie by die ATKV-oord op Har­ten­bos. Sy is in gr. 10 aan die Ho­ër­skool Won­der­boom.

Die bran­ders rol oor die strand and maar steeds sit ek in die bin­ne­land. Die son skyn hel­der en warm oor die ho­ri­son en sand­kas­te­le word ge­bou

maar steeds sit ek in die skool­ge­bou.

Die stad is vol men­se maar in die Kaap lê hul op hul pen­se.

Ry rond, be­soek el­ke plek maar ek, gaan net in en uit by ons hek. Die ek­sa­men moet net gou ver­by­gaan so­dat ek ook in Har­ten­bos se baai kan staan.

Heel­dag net swem en kui­er te­rug P­re­to­ria toe..... Ek wei­er!

Duik­ses­sies en boot­rit­te ter­wyl al­mal in P­re­to­ria vrek van die hit­te. Een-en-twin­tig dae om af te tel

maar eers die ek­sa­men-hel!

Dis nog by­na ’n he­le maand voor­dat ons ver­trek vroeg­og­gend-aand

Op pad na Har­ten­bos P­re­to­ria word ag­ter ge­los. Ver­geet my daar en al my dro­me word waar!

CHRISTA SWART, P­re­to­ria

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.