Dié rots­for­ma­sies roer my

Weg! - - Vooraf Briewe -

Ek en my man ver­ken graag die ag­ter­paaie van ons land en daar is min plek­ke waar ons nog nie wiel- of voet­spo­re ag­ter­ge­laat het nie. Dis lek­ker om in Weg te lees oor nu­we plek­ke én die plek­ke waar ons al was.

Ons het van­jaar ons doel ver­we­sen­lik om al die na­si­o­na­le par­ke in ons land te be­soek. Wat ’n voor­reg. Ons het ons laas­te park, die Rich­ters­veld, in Ok­to­ber be­soek. Dit was droog en warm, maar on­be­skryf­lik mooi. Ek het nog nooit sul­ke rots­for­ma­sies ge­sien nie.

Ver­al die Hand van God-rots­for­ma­sie (foto bo) het my op­ge­val aan­ge­sien ek ook al die Vin­ger van God in Na­mi­bië be­soek het. ’n Maand la­ter sien ons na­by Good­hou­se in die Noord-Kaap ’n lip­af­druk teen ’n berg (in­las). Sou dit die “Soen van God” wees? Ons sal dit nooit met se­ker­heid weet nie, maar dit het ’n knop in my keel ge­laat.

SUZAN OELOFSE, P­re­to­ria >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.