D

Weg! - - Advertensie - Artikel -

ie Botswana-Ka­la­ha­ri is nie ’n mak­li­ke plek vir ’n kamp­va­kan­sie nie. Jy het die reg­te voer­tuig en on­der­de­le no­dig, en jy moet self­on­der­hou­dend wees. Maar wie’s bang?

In Sep­tem­ber 2016 val ek en my vrou, Da­ni, saam met twee an­der paar­tjies – To­ny en Gill T­heron en John en Jill Ven­ning – in die pad om van die wil­de kam­pe in Botswana te ver­ken. Ons plan is om na die noor­de­li­ke de­le van die K­gala­ga­di-oor­grens­park te toer (nie Ma­bu­a­se­hu­be ver­der oos nie), dan die park te ver­laat en ’n paar dae in die Kaa-kon­ses­sie­ge­bied wat ver­der noord lê deur te b­ring.

Geen re­ën het se­dert Maart hier ge­val nie en die he­le ge­bied is so droog soos ’n e­land­ge­raam­te. Die pan­ne is leeg, be­hal­we waar drink­trôe ge­bou en vol wa­ter ge­pomp is.

Die drie voer­tuie in ons kon­vooi – twee Mit­subi­si Pa­je­ro’s en ’n Toyo­ta Pra­do – het elk 30 li­ter ek­stra brand­stof en 70 li­ter wa­ter.

Ons b­ring ons eer­ste aand deur by die Leeu­pan Gu­est Farm. Die TV-reeks Meer­kat Ma­nor is op dié gas­te­plaas so­wat 22 km wes van Van Zyls­rus ver­film. Gas­te wat op ’n Son­dag hier oor­bly, kan die “ma­nor” saam met ’n gids be­soek en al­les oor dié kod­di­ge dier­tjies leer.

Vir ons is dit net ’n oor­nag­plek. Die vol­gen­de og­gend ry ons 13 km te­rug soos ons ge­kom het tot by die Mid­del­puts-grens­pos se af­draai. Die pad tus­sen Mid­del­puts en Twee Ri­vie­ren (of “Two Ri­vers”, soos dit aan die Botswana-kant ge­noem word) is meest­al ge­teer; net die laas­te stuk na die par­kin­gang is goeie grond­pad.

Ons gooi brand­stof in en mik vir Rooi­puts, so­wat 26 km noord van die Twee Ri­vie­ren­rus­kamp. Rooi­puts en Po­lentswa is skaars

Kamp jy ge­reeld in die K­gala­ga­di en won­der hoe rof din­ge is aan die Botswa­na­kant van dié oor­grens­park? Da­ve T­heron en sy vrien­de trot­seer die “wil­de” kant se dik sand al die pad tot by die Kaa-kon­ses­sie­ge­bied. Kom ry saam!

>

IN DIE ROOI. Rooi­puts se kamp­plek­ke het al­mal A-raam­skui­lings.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.