ZANDER WES­SELS (10)

Weg! - - Leser Vertel Botswana -

NIKON D5300 55-200 mm-lens

Dié foto is die re­sul­taat van ge­duld en tyds­be­re­ke­ning. Zander het pre­sies ge­weet wat hy wou hê. Sy tyds­be­re­ke­ning was on­be­ris­pe­lik om die re­nos­ter­vo­ël vas te vang net toe dit ver­by ’n buf­fel op die oe­wers van die C­ho­be­ri­vier in Botswana vlieg.

Dit was skool­va­kan­sie en Zander en sy ge­sin was op ’n boot­vaart op die C­ho­be. Hy was be­sig om ’n kuif­kop­vis­van­ger af te neem toe die boot se kap­tein ’n paar buf­fels op ’n ei­land sien. Hy het die boot sta­dig na­der laat dryf, ver­sig­tig om hul­le nie te ver­jaag nie. Zander het op ’n buf­fel wat na aan die wa­ter­kant staan en wei, ge­fo­kus en ge­dul­dig ge­wag ter­wyl hy ’n o­gie op die re­nos­ter­vo­ëls hou wat daar rond­vlieg. Hy skiet al­tyd met die lens­o­pe­ning-voor­keur­mo­dus so­dat hy ’n vin­ni­ge slui­ter­spoed kan ge­bruik. “Maar om dit te doen moet ’n mens se­ker maak jou lens­o­pe­ning is wa­wyd oop en jy moet jou ISO ver­hoog,” sê Zander.

Zander wil een­dag ’n pro­fes­si­o­ne­le na­tuur­fo­to­graaf word. Sy ma, Cor­let­te, is ’n pro­fes­si­o­ne­le fo­to­graaf en het haar ou ka­me­ra vir hom ge­gee toe hy se­we jaar oud was. “Dis lek­ker om saam met haar op reis te gaan. Ek’s mal daar­oor as my foto’s be­ter is as ha­re,” terg hy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.