HAMMAN PRINSLOO (16)

Weg! - - Mense Se Lense Junior Lensmeesters -

Ca­non EOS 650D 75-300 mm-lens

Twee wil­de­bees­te staan af­ge­ëts teen die o­ran­je lug in die B­waB­wa­ta- na­si­o­na­le park in Na­mi­bië.

Die lig­stra­le wat deur die stof stroom, skep ’n on­heil­spel­len­de ge­voel. Die wil­de­bees­te is in pro­fiel – goed vir ’n sil­hoe­ët, want ’n mens weet da­de­lik waar­na jy kyk: die kur­we van die ho­rings en die klos­sie ha­re op die nek... on­ge­twy­feld ’n wil­de­bees!

“Ek het ’n goeie i­dee ge­had van die soort sil­hoe­ët wat ek wou af­neem,” sê Hamman. Hier­die is ’n goeie les vir al­le fo­to­gra­we: Dit help al­tyd om die eind­re­sul­taat te vi­su­a­li­seer en dan hard te werk om dit reg te kry.

Om foto’s teen die son in te neem is moei­lik – hy het dus die hand­ver­stel­mo­dus ge­bruik om meer be­heer te hê. Sy slui­ter­spoed was re­la­tief vin­nig, 1/400ste van ’n se­kon­de, om die skud van die ka­me­ra teen te werk, en sy lens­o­pe­ning f7.1, om se­ker te maak die mees­te e­le­men­te in die raam­pie is skerp.

Hamman se lief­de vir fo­to­gra­fie is saam met sy lief­de vir die na­tuur ge­bo­re – hy wou foto’s neem van al die die­re wat hul­le ge­sin in wild­re­ser­va­te ge­sien het. Sy pa, Ma­nie, het in 2011 vir sy ver­jaar­dag vir hom ’n mik-en-druk- ge­gee en Hamman het ge­spaar om in 2014 hier­die lang­lens­ka­me­ra te koop.

Hy lees baie oor fo­to­gra­fie en het ’n kort fo­to­gra­fie­kur­sus ge­doen wat hom ge­help het om sy ba­sie­se vaar­dig­he­de te slyp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.