RUACH BUR­GER (16)

Weg! - - Mense Se Lense Junior Lensmeesters -

Nikon Cool­pix P530

’n Sons­on­der­gang word weer­kaats in drie wa­ter­drup­pels wat aan ’n stuk grens­draad na­by Mook­g­op­hong in Lim­po­po hang. Die drup­pels werk soos ’n lens en keer die to­neel op sy kop.

As jy van na­der kyk, sien jy ’n ring rond­om die sons­on­der­gang in el­ke drup­pel – die bla­re­dak van die boom in die ag­ter­grond!

Ruach het op ses vir die eer­ste keer ’n ka­me­ra op­ge­tel. Hy het hom­self ge­leer, met die hulp van teg­nie­ke wat hy by sy ou­pa se huis in ou Weg- uit­ga­wes ge­lees het.

Met die Ju­lie­skool­va­kan­sie was hy op ’n wild­s­plaas. Hy het die foto op­ge­stel ter­wyl hy ge­wag het dat sy ne­fies van ’n jag­uit­stap­pie te­rug­keer. Hy het sy sus­ter se wa­ter­bot­tel ge­leen en ver­sig­tig ’n paar drup­pels op die draad ge­sit. Dit was nie mak­lik nie, want hul­le het nog­al vin­nig af­ge­val! La­ter die aand, toe hy die foto’s af­laai, was hy ver­ras om te sien hoe dié foto uit­ge­werk het. “Dit het on­ge­loof­lik ge­lyk,” sê hy. “Die boom in die ag­ter­grond was on­be­plan – en die son in die mid­del­ste drup­pel ook.”

Reg­te plek, reg­te tyd, Ruach! >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.