SURINA CLAASEN (13)

Weg! - - Mense Se Lense Junior Lensmeesters -

NIKON D3100 55-200 mm-lens

Surina het dié foto van ’n hond wat ’n jak­kals jaag, ge­neem toe haar ge­sin op pad was van hul­le kamp­plek by die Ti­rool-gas­te­plaas in Na­mi­bië na L­ü­de­ritz.

Sy het saam met haar sus­ter, Han­lie, ag­ter­op ’n bak­kie ge­sit en ska­pe in die veld af­ge­neem toe sy dié twee deur die gras sien hard­loop.

Dis ’n baie goeie foto, ver­al as ’n mens in ag neem dat Surina aan die be­weeg was op ’n stam­pe­ri­ge grond­pad. Sy het dit op ’n ma­nier reg­ge­kry om die hond en jak­kals tus­sen die dra­de af te neem en hul­le só te raam. Die hond se po­te is in die lug, wat span­ning skep – dit lyk as­of hy be­sig is om sy prooi in te haal.

Die foto het diep­te, met die hei­ning­paal wat uit fo­kus is in die voor­grond en die ber­ge in die ag­ter­grond, en sy het dit selfs reg­ge­kry om die ho­ri­son reg­uit te hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.