KRISTEN ROSSER (16)

Weg! - - Mense Se Lense Junior Lensmeesters -

SAMSUNG WB101

Ons het deur die ja­re al baie foto’s van Dooi­e­vlei in Na­mi­bië (langs Sos­sus­vlei) ge­kry, maar Kristen se kre­a­tie­we ge­bruik van die dooie bo­me se ska­du­wees maak haar foto u­niek. Die kon­tras­te­ren­de kleu­re van die blou lug, die kaal pan en die hel­de­ro­ran­je sand sorg vir mooi lae en diep­te.

Die klein stuk­kie ska­du­wee van dié bo­me, wat hon­der­de ja­re ge­le­de bla­re ge­had het, het haar ge­boei. “Ek het dié foto ge­kies om­dat dit an­ders is as die ge­wo­ne foto’s van Dooi­e­vlei,” sê Kir­sten.

Dit was eg­ter nie mak­lik om dié foto te kry nie. Sy moes in die mid­del van die dag vir ’n half­uur stap – in die woes­tyn­hit­te en oor die vuur­warm sand – maar sy sê dit was al­les die moei­te werd. Toe sy uit­ein­de­lik by Dooi­e­vlei kom, het sy in die ska­du­wee gaan sit, en dís waar sy haar i­dee ge­kry het.

Kristen sê om foto’s te neem is vir haar soos om te me­di­teer, en die ver­moë om ’n oom­blik in tyd vas te vang ’n be­son­der­se ga­we. Sy het die ge­sins­ka­me­ra oor­ge­neem se­dert die dag dat haar ma, Ka­ren, haar ge­wys het hoe om die slui­ter­knop­pie te druk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.