WI­CUS DIEDERICKS (15)

Weg! - - Mense Se Lense Junior Lensmeesters -

NIKON D5200 55-200 mm-lens

Wi­cus se foto is nog­al te­a­traal. El­ke see­meeu doen iets an­ders. My guns­te­ling is die ou­tjie in die mid­del, met sy ge­kruis­de be­ne en uit­ge­sprei­de vler­ke. Dit lyk as­of hy ’n dan­sie doen!

Wi­cus hou van vo­ël­fo­to­gra­fie en het al ’n aan­sien­li­ke por­te­feul­je op­ge­bou. Hoe­kom het hy juis dié een in­ge­skryf? “El­ke keer wan­neer ’n mens daar­na kyk, sien jy iets nuuts,” sê hy. In­der­daad.

Wi­cus het een og­gend by Pe­ar­ly Be­ach aan die O­ver­berg­se kus langs die see gaan stap, en was op­ge­won­de om sy splin­ter­nu­we ka­me­ra te toets. Dit was laag­wa­ter en hy kon ver langs die rot­se loop en dus na­by aan die vo­ëls kom. Hy het ’n vin­ni­ge slui­ter­spoed van 1/1 600ste van ’n se­kon­de en ’n klein lens­o­pe­ning van f11 ge­bruik om se­ker te maak die mees­te van die e­le­men­te in die raam­pie is mooi skerp.

Wi­cus hou meer daar­van om na­tuur­fo­to’s te neem as foto’s van men­se. Hy sê hy gee nie om om te wag tot­dat hy die per­fek­te foto kry nie. Sy lief­de vir fo­to­gra­fie kom van sy pa, Ben­nie, af. Hy het sy pa se ka­me­ra ge­leen voor hy ge­noeg ge­spaar het om sy eie te koop.

Hou aan om die vo­ëls te ag­ter­volg, Wi­cus!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.