On­der­wa­ter-vis­ser­man

Mi­ke Koros­te­lev, Rus­land

Weg! - - Mense Se Lense Portefeulje -

’n Wil­de bruin­beer vang salm in die y­si­ge wa­ter van die Ku­ri­le­meer aan die sui­de­li­ke punt van Rus­land se Kam­chat­kas­kier­ei­land. Die fo­to­graaf Mi­ke Koros­te­lev het ’n hok ge­bou as be­sker­ming teen die be­re en ure lank in die koue wa­ter ge­wag dat een van hul­le dit na­by ge­noeg waag.

Bruin­be­re is baie goeie swem­mers wat vir 20 se­kon­des of meer on­der wa­ter soek na iets te ete. Hier­die beer het ’n paar keer per dag op die­self­de plek in die ri­vier vis­ge­vang en sou el­ke keer so­wat vyf vis­se vang voor hy op die strand gaan rus het.

Mi­ke se foto was die wen­ner in die kategorie in­ter­na­si­o­na­le wa­ters: wy­e­hoek.

Ca­non EOS 5D Mk. II; 15 mm-lens; slui­ter­spoed 1/800ste van ’n se­kon­de; lens­o­pe­ning f7.1; ISO 500; met ’n on­der­wa­ter­huls. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.