VER­KY­KERS

Weg! - - Toerusting -

Dis be­vre­di­gend wan­neer jou ne­ge­ja­ri­ge gr. 3’tjie weet­lus in vo­ël­skyk toon, maar nug­ter weet of die nu­we nei­ging gaan vat kry.

Hier­die ver­ky­ker is be­kos­tig­baar en ver­spot­mak­lik om te ge­bruik. Die beeld­ge­hal­te is goed ge­ge­we die prys, maar dis on­ge­luk­kig nie wa­ter­dig nie. Nie­te­min le­wer dit skaf­li­ke re­sul­ta­te so­dat jou jong protégé ho­pe­lik nie be­lang­stel­ling ver­loor nie. Ge­sigs­veld 8°, 139 m/1 000 m Ge­wig 595 g Prys R865 by

ca­me­ra­wor­ld.co.za Hier­die ver­ky­ker hoort eint­lik in die en­toe­si­as-kategorie, maar sy bil­li­ke prys maak hom ge­skik vir be­gin­ners. Dis ook klein en lig so­dat jy hom in jou baad­jie­sak kan dra.

In hel­der dag­lig is daar min ver­skil tus­sen die Campag­no en die duur­der Vor­tex Cross­fi­re hier­naas. Maar as ge­volg van sy klei­ner voor­wer­plens is die beeld ef­fens don­ker­der teen ske­mer as met die duur­der ver­ky­kers in hier­die toets. Ge­sigs­veld 7°, 124 m/1 000 m Ge­wig 450 g Prys R2 295 by

e-pho­to­graphic.com Die mees­te en­toe­si­as­te se eer­ste keu­se is die Nikon Mo­narch, maar lees hier... Met ’n groot lens­deur­snee van 42 mm is die Cross­fi­re net reg vir half­don­ker wou­de. Die fo­kus­wiel draai mak­lik en dis moei­te­loos om ’n vo­ël in vlug te volg.

On­danks sy ste­wi­ge bou is die Cross­fi­re ver­ba­send lig. Die e­nig­ste kri­tiek is die los­pas­sen­de lens­dop­pies wat gou kan weg­raak. Ge­sigs­veld 7,5°, 131 m/1 000 m Ge­wig 660 g Prys R4 800 by Ca­pe U­ni­on Mart

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.