GE­TOETS

Weg! - - Toerusting -

Na­tuur­lik wil jy weet­gie­rig­heid oor vo­ëls by jou kleu­ter aan­moe­dig, maar die ge­dag­te dat hy met jou pe­per­duur S­wa­ro­vski rond­trip­pel, laat ’n mens sid­der. Kry eer­der hier­die ou­li­ke speel­ver­ky­ker waar­mee hy vir Pa kan na-aap. Dit ding nie mee met reg­te ver­ky­kers nie, maar dis goed ge­noeg vir ’n vier­ja­ri­ge. Prys R190 by Trap­pers trap­pers.co.za Vo­ël­ky­kers het ook ’n nes no­dig waar hul­le saans kop on­der ’n vlerk kan druk. Oor­weeg ge­rus hier­die koe­pel­tent as jy keel­vol is vir ge­knak­te tent­pa­le of suk­kel om ’n swaar tent o­rent te kry. Camp Mas­ter se Air Tech-sa­fa­ri­tent word deur vier lug­bui­se – wat ’n X vorm – reg­op ge­hou (eer­der as pa­le). Die 2 500 cc-hand­pomp (word ver­skaf) ver­eis ’n re­de­li­ke ma­te van fiks­heid om die tent staan te maak. Met my eer­ste pro­beer­slag het dit vyf mi­nu­te se y­we­ri­ge pomp­werk ge­kos en ek was stok­flou daar­na.

Met die twee­de pro­beer­slag het ek my e­lek­trie­se ma­tras­pomp in­ge­span en eer­der in ’n kamp­stoel ont­span en toe­ge­kyk hoe die tent sta-a-a­dig op­staan. Dit het lan­ger ge­neem as met die hand­pomp en ek moes steeds ’n laas­te paar pom­pe met die hand gee om die lug­bui­se klip­hard te kry, maar dit was be­slis ’n be­ter me­to­de. Die tent staan ste­wig op sy eie, maar dit is raad­saam om die an­ker­toue en tent­pen­ne te ge­bruik wan­neer die wind waai.

Drie groot ven­sters laat ’n brie­sie deur en daar is vier LED-lig­stro­kies in die pla­fon wat met ’n ska­ke­laar aan- en af­ge­ska­kel en selfs ver­dof kan word. Die draad na die dak­lig­gies ein­dig in ’n USB-prop. Jy kan dus feit­lik e­ni­ge 12 V­krag­bron ge­bruik om die lig­gies te laat skyn.

Die 280 g/m2-Rip­stop-bo­seil bly koel in son­skyn­weer en dit het ’n wa­ter­ko­lom­gra­de­ring van 600 mm. Dis vol­doen­de in mot­re­ën, maar jy gaan nat word as dit vir ure sous. Die tent is ver­spot­mak­lik om op te pak. Draai een­vou­dig die prop uit en die tent stort in­een, vou hom dub­bel, rol hom op en rits hom toe. Dit neem ’n mi­nuut. Ge­wig 24 kg Ka­pa­si­teit 5 vol­was­se­nes Af­me­tings 300 cm breed, 448 cm diep (met stoep­dak), 210 cm hoog Prys R7 000 by Ma­kro camp­mas­ter.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.