1

Weg! - - Ses Van Die Bestes Tuinroete -

9 km, 11 km of 13 km Dié sir­kel­roe­te be­gin op ’n re­de­lik breë twee­spoor­pad on­der ’n bla­re­dak. Plek-plek stulp ’n paar boom­wor­tels uit die grond – pa­s­op vir strui­kel! Ná so­wat 1,5 km op die Rooi­roe­te (13 km) raak dit ’n en­kel­spoor­paad­jie wat ge­lei­de­lik daal tot by die Kaai­mans­ri­vier. Trek jou skoe­ne uit en week jou voe­te in die koel ri­vier, want nou-nou kom die bul­te!

Hier­na slin­ger die paad­jie steeds deur die bos. Die Groen- (9 km) en Blou­roe­te (11 km) draai vroe­ër van die Rooi­roe­te af, as jy min­der fiks is as wat jy ge­hoop het.

So­dra jy die son deur die tak­ke sien en die bo­me plek maak vir va­rings, kon­dig ’n bord­jie aan: Jy is half­pad. ’n An­der bord­jie dui ’n swem­plek aan in die Sil­wer­ri­vier. Dis ’n lek­ker plek vir piek­niek hou, maar jy gaan ’n klip­pe­ri­ge af­draan­de moet trot­seer om in die rots­poe­le te plas. Die eer­ste helf­te van die roe­te is re­de­lik mak, maar nou lê daar ’n paar straw­we bul­te voor tot­dat jy uit­ein­de­lik weer by die Kaai­mans­ri­vier aan­sluit. Jy klou­ter tel­kens soos ’n krap oor die klip­pe. Soos ’n an­der stap­per te­reg ge­sê het: “Hier­die is ’n 4x4-stap­roe­te.” Hoe­kom hier­die een? Jy sien ’n ver­skei­den­heid groot bo­me – ys­ter­hout, stink­hout, Ou­te­ni­qua­geel­hout – en kleur­ry­ke swam­me. Hou jou oë oop vir a­pies, bos­bok­ke, bloudui­kers, bob­be­ja­ne en Knys­na­loe­ries. Kan kin­ders kom stap? Kin­ders ou­er as 12 jaar be­hoort die roe­te baas te raak as jul­le sta­dig en ver­sig­tig stap. Hoe kom ek daar? Ry na die Ge­or­ge-kam­pus van die Nel­son Man­de­la-u­ni­ver­si­teit by Saas­veld. Draai van die N12 af op die Saas­veld­pad. Volg die pad tot by die sport­veld. Draai regs net voor die veld. Par­keer en mik na die woud aan jou lin­ker­kant (GPS S33.97160 E22.53480). Kos­te Kry ’n gra­tis kaart en per­mit aan die be­gin van die roe­te – dis in ’n hout­boks. Kon­tak san­parks.org

>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.