2

Weg! - - Ses Van Die Bestes Tuinroete -

5 km Hon­der­de for­tuin­soe­kers het in 1886 ge­stroom na Mil­l­wood, 30 km noord van Knys­na, na­dat Ja­mes Hooper goud in die Ka­ra­ta­ra­ri­vier ont­dek het. Bin­ne we­ke het ’n dorp ont­staan met win­kels, hui­se en ses ho­tel­le. On­danks gereedskap en man­ne­krag wat uit Aus­tra­lië en A­me­ri­ka in­ge­voer is, het die myn­skag­te nie veel goud op­ge­le­wer nie.

Teen 1890 – skaars vier jaar la­ter – het die laas­te maat­skap­py sy soek­tog na goud ge­staak en die mees­te myn­wer­kers en in­wo­ners het die pad ge­vat na Pel­grims­rus en Jo­han­nes­burg.

Jy ry eers ’n ent­jie woud-in tot by die Mot­her Hol­ly’stee­tuin waar jy jou kar kan par­keer. Van hier af stap jy op ’n grond­pad­sir­kel­roe­te ver­by myn­skag­te waar­van die in­gan­ge ver­steek is on­der va­rings (bord­jies wys waar dié myn­skag­te lê).

Ná so­wat 2 km ge­waar jy ’n groot s­kuur met ’n rooi dak. Draai af by die bord­jie: “1 km to the mi­ne and back.” Bin­ne staan van die ou myn­toe­rus­ting soos ’n draag­ba­re stoom­en­jin, en ’n stamp­bat­te­ry om klip mee fyn te stamp.

Wees ook op die uit­kyk vir die mer­ker langs die s­kuur wat wys waar jy kan af­draai na die Ben­di­go-myn. Plak ’n har­de hoed op jou kop as jy in die myn wil af­stap – en wees maar ge­reed om te koes vir vler­mui­se! Hoe­kom hier­die roe­te? Dis op­win­dend om in die myn­skag­te af te klim. Bui­ten die sto­ries en spook­ag­ti­ge at­mos­feer is die uit­sig­te be­son­ders. Die dor­pie was op ’n heu­wel. Doer ver wink die In­die­se O­se­aan op die ho­ri­son en on­der jou lê die dig­te Knys­na­woud. Hoe kom ek daar? Dis op die­self­de pad as K­ris­jan-se-nek (no. 3) – ry nóg so­wat 5 km ver­der op die grond­pad. Kos­te Be­wa­rings­ta­rief: R28 vir vol­was­se­nes en R14 vir kin­ders. Kon­tak 044 389 0252;

san­parks.org

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.