4

Weg! - - Ses Van Die Bestes Tuinroete -

10 km Die sir­kel­roe­te word só ge­noem om­dat dit be­son­der­se uit­sig­te het en by el­ke soort stap­per se fiks­heids­vlak pas. Fiks en lus vir hoog­tes? Kom stap kran­slangs. Nie heel­te­mal so a­von­tuur­lik nie? Wan­del dan strand­langs.

Dié roe­te be­gin by die En­ri­co-re­stau­rant in Keur­boom­strand. Die meer fik­ses kan mik vir die plan­kies­pad na die strand en oos stap in die rig­ting van die dor­pie Na­tu­re’s Val­ley. Be­gin soek vir ’n paad­jie wan­neer jul­le die Mat­jies­ri­vier oor­ge­steek het. Die steil paad­jie tus­sen die bos­se deur neem jou tot bo-op die krans­wand. Hier bo kyk ’n mens vér – jy sien am­per tot in P­let. Maar met net ’n fyn­bos­sie tus­sen jou en die af­grond gaan jy meer af kyk as op.

Ná so­wat ’n half­uur se stap be­gin die paad­jie weer af­waarts kron­kel. Nou be­gin die sports. Hier is per­ma­nent ’n tou ge­an­ker en dis met dié tou waar­mee jy so­wat 2 m teen die steil rots­wand tot on­der gaan af­gly!

On­der op die strand kan jul­le in ’n bo­ma mid­dag­e­te ge­niet. Van hier af is dit nog so­wat 5 km se stap strand­langs tot by En­ri­co (en ’n koue bier!)

As jy vir klein Ker­neels wil saam­neem, stap eer­der strand­langs heen en weer. Jy sien die­self­de rots­for­ma­sies en uit­sig­te, son­der er­ge hart­klop­pings. Hoe­kom hier­die een? Die see­lug is vars en die uit­sig­te mooi. Hou jou oë oop vir on­ge­wo­ne rots­for­ma­sies en -skeu­re. Soek ook see-a­ne­mo­ne in die rots­poe­le. Hoe kom ek daar? Draai in by Keur­boom­strand en volg die pad tot by En­ri­co. Jy mag hier par­keer. Kos­te Gra­tis.

>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.