5

Weg! - - Ses Van Die Bestes Tuinroete -

3 km Die in­gang na die Har­ker­vil­le-berg­fiets­roe­tes is oor­kant die pad van Gar­den of E­den. Hier is ook ’n wan­del­pad wat met ’n geel voet­spoor aan­ge­dui word. Op dié roe­te kan jy maar jou au­to­pi­lot aan­ska­kel en die bos­at­mos­feer in­drink. Die breë grond­pad is net­jies, ge­lyk en in die ska­du­wee. Jy stap on­der­deur die breë bos­ton­nel. Gaan staan stil om te luis­ter na die ge­roep van ’n loe­rie of jou nek te rek om te kyk hoe hoog die bo­me die lug in strek. Jy moet wel kop­hou met af­draai­paad­jies – die roe­te­mer­kers is skaars, en an­ders as die spreek­woord moet jy hier liefs op die breë (en reg­uit) weg bly.

En jy moet wak­ker wees – dis berg­fiets­wê­reld dié en jy moet pad­gee as hul­le vol­spoed om die draai kom.

Hier’s nie juis sit­plek langs die pad nie; hou dus die toe­brood­jies vir die piek­niek­plek by Gar­den of E­den. Hoe­kom hier­die roe­te? Dis ’n lui­lek­ker roe­te – b­ring die ge­sin! Kom stap rus­tig die og­gend en eet daar­na toe­brood­jies by Gar­den of E­den. Hoe kom ek daar? Par­keer jou voer­tuig by Gar­den of E­den (no. 6) en stap ver­sig­tig oor die N2. Kos­te Be­wa­rings­ta­rief: R35 vir vol­was­se­nes en R18 vir kin­ders. Kry dit by die Gar­den of E­den-kan­toor. Kon­tak Die Gar­den of E­den-kan­toor 044 532 7793; Har­ker­vil­le-bos­bou­sta­sie 044 532 77708;

san­parks.org

AL­MAL WEL­KOM. Die Har­ker­vil­le­stap­roe­te se breë grond­pad (bo) maak dit ’n mak­li­ke stap­roe­te vir jonk en oud, maar pa­s­op vir die berg­fiets­ry­ers. ’n Stap­per het haar wees muis­vo­ël­tjie saam­ge­dra so­dat sy hom langs die pad vrug­te­stuk­kies kon voer. Plan­kie­s­paaie kron­kel deur die woud op die Gar­den of E­den-stap­roe­te (heel regs).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.