‘T

Weg! - - Ses Van Die Bestes Tuinroete -

he Land of the Sil­ver Mist”. Só het lord John Bu­chan, skry­wer en la­ter goe­wer­neur-ge­ne­raal van Ka­na­da, Ha­e­nerts­burg se om­ge­wing des­tyds be­skryf. Bu­chan het ná die Ang­lo-Boe­re­oor­log in Po­lo­kwa­ne ge­werk en dik­wels hier vis­ge­vang.

Die pad tus­sen Jo­han­nes­burg en Po­lo­kwa­ne is bra saai, maar so­dra jy af­draai op die R71, rig­ting Ma­goe­bas­kloof, is dit net ber­ge, heu­wels en groen gras­veld.

Jy kan Ha­e­nerts­burg mak­lik mis­ry, ver­al as die ein­ste mis die land­skap om­vou. Die dor­pie se kern is net een boom­ry­ke hoof­straat lank: ’n ka­fee­tjie, pe­trol­sta­sie, die Tank Food­zo­ne, ’n paar re­stau­ran­te en win­kel­tjies...

“So­dra die eer­ste Pep S­to­res of El­le­ri­nes hier oop­maak, laai ek al my be­sit­tings op hier­die bak­kie en ry dit met een vrag uit,” sê Lin­da Wil­kin­son van The Pen­ne­fat­her-kom­pleks. “Ons het nie ket­ting­win­kels en in­dus­trieë wat die dor­pie le­lik maak nie.”

Die res van Ha­e­nerts­burg strek ’n paar blok­ke teen ’n heu­wel op. Die hui­se het groot er­we en mooi tui­ne. En heel bo hou die Iron Cro­wn-piek, op 2 126 m die hoog­ste punt in Lim­po­po, wag oor die so­wat 500 in­wo­ners.

WOOR­DE EN FOTO’S

Dis ein­de Sep­tem­ber en die Len­te­fees, ’n in­stel­ling vir Ma­goe­bas­kloof, is in vol­le swang. A­sa­le­as blom vol­op in ska­ke­rings van wit, pienk, pers, geel en o­ran­je. En in die om­lig­gen­de gras­veld staan die kleur­ry­ke veld­blom­me bont. Die af­ge­lo­pe vyf jaar, dank­sy die klein ge­meen­skap se pas­sie en on­der­ne­mings­gees, blom Ha­e­nerts­burg be­hoor­lik.

Hier word dees­dae el­ke jaar vier fees­te ge­hou. En met vyf berg­fiets­roe­tes, stap­roe­tes, dam­me vir fo­rel­vang en an­der a­von­tuur-ak­ti­wi­tei­te stroom Gau­ten­gers ty­dens skool­va­kan­sies en lang­na­we­ke hier­heen.

“Hier­die plek­kie bons, hoor,” ver­tel Ma­ra Her­mann, re­dak­teur van die kwar­taal­lik­se toer­si­me­tyd­skrif Moun­tain Ge­ta­ways. “Ons doen dit op eie s­toom en ons be­mark Ha­e­nerts­burg soos wat dit is: ’n plek met ’n siel.”

In 2012 toe die dorp 125 jaar oud ge­word het, het hul­le vir een dag af­ge­stig van Suid-A­fri­ka. “Die Re­pu­bliek van Ha­e­nerts­burg is ge­bo­re,” sê Ma­ra. “Al­mal het soos myn­men­se van ouds aan­ge­trek. Ons het deur die stra­te in die dig­te mis ge­stap met ou kar­re en trek­kers ter­wyl ’n lid van die Trans­vaal Pi­pers doe­del­sak ge­speel het.”

Die dag is af­ge­sluit met ’n In­de­pen­den­ce Ball in die Vil­la­ge Hall en Ha­e­nerts­burg se “volks­lied” is ge­sing op die wy­sie van “Dan­ny Boy”. Die laas­te stro­fe is ’n ode aan die dorp:

Our li­ves are short but you will li­ve fo­re­ver, And you’ll keep wa­tch o’er tho­se who wa­ke or sleep.

You will re­main a pla­ce of lo­ve and sa­fe­ty, And may we all throw off our pains and fe­ars; May pe­a­ce reign o­ver all who li­ve and work he­re Oh Ha­e­nerts­burg! S­tay sa­fe and small for y­e­ars. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.