1

Weg! - - Dorp Van Die Maand Haenertsburg - WAT SÊ DIE MEN­SE?

Lou­is Changuion (76) is ’n be­ken­de skry­wer en ge­skied­kun­di­ge op die dorp. Hy kom stap graag sog­gens “sy” roe­te saam met sy la­bra­dor, Sophie.

Ons stap deur die gras­veld. Die og­gend­mis dryf oor die land­skap en sien ek die Iron Cro­wn en E­be­ne­zer­dam in die ver­te. Al wat jy hoor, is die vo­ëls se ge­kwet­ter en die tak­kies wat on­der jou stap­ste­wels kraak. Lou­is het by die U­ni­ver­si­teit van Lim­po­po bui­te Po­lo­kwa­ne ge­werk en bly se­dert 1971 al op Ha­e­nerts­burg.

In 1993 het hy dié sir­kel­roe­te rond­om die dor­pie uit­ge­lê. “Ek het pro­beer hou by die paad­jies wat die bos­var­ke oop­ge­hard­loop het. Ek het dit toe net die Ha­e­nerts­burg-stap­roe­te ge­noem,” ver­tel Lou­is.

Lou­is het in 2002 Kaap­stad toe ge­trek ná sy af­tre­de. “Ek het so ver­lang dat ek ná drie maan­de weer sak en pak te­rug was. Net om uit te vind hul­le het die roe­te in my af­we­sig­heid na my ge­noem,” ver­tel hy half ver­leë.

Ons stap ge­sels-ge­sels deur ’n kol­le­tjie in­heem­se woud en la­ter al langs ’n stroom­pie tot by ’n piek­niek­kol. Lou­is ver­ras my met ’n fles kof­fie en be­skuit.

Net voor ons by die ein­de aan­kom, stap ons weer deur gras­veld waar ’n ska­re sjo­ko­la­de­klok­kie­blom­me ons groet. G’n won­der die puik stap­roe­te word selfs in die Lo­ne­ly Pla­net- gids ge­noem nie! Waar? Die 10 km-sir­kel­roe­te be­gin langs die Vil­la­ge Hall in Rissikstraat. Kos­te Gra­tis (kry ’n roe­te­kaart by die Me­mo­ry Hold-the-

VREDIGE VOETSLAAN. Staan vroeg op en ver­ken Ha­e­nerts­burg se na­tuur­skoon langs die Lou­is C­han­gui­on­roe­te. Die uit­sig­te is be­son­ders en jy stap deur gras­veld, ’n stuk­kie in­heem­se woud en langs ’n stroom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.