2

Weg! - - Dorp Van Die Maand Haenertsburg -

“Al­les ge­beur die­self­de as in ’n kalf se maag,” be­skryf Nip­per T­homp­son hul­le or­ga­nie­se kaas­ma­ke­ry.

Nip­per en sy vrou, Syl­via, het in die S­wit­ser­se Al­pe leer kaas maak op die “pri­mi­tie­we” ma­nier: al­les met die hand, deur dik­melk te roer in ’n groot ko­per­pot wat bo ’n vuur staan. Die T­hompsons gee nu­we be­te­ke­nis aan ’n boer maak ’n plan: Hul­le maak hul­le eie bio-gas (moe­nie vra nie, dit het te doen met die long drops) en kry krag van son­pa­ne­le af.

Nip­per en sy span maak ’n groot ver­skei­den­heid kaas met on­der meer knof­fel, ko­myn, groen­pe­per­kor­rels... ek proe ’n groot blok pi­kant­ris­sie­kaas. Hier lê ook rol­le cho­ri­zo- en land­j­ä­ger­wors (’n tra­di­si­o­ne­le Duit­se wors) by die de­li.

Die jong­span kan hul­le iPads neer­sit en ei­ers uit­haal uit die hoen­der­hok, koeie en bok­ke melk, en die var­ke en gan­se dop­hou. Of be­kyk die he­le kaas­maak­pro­ses – van die koei tot by ’n net­jie­se stuk kaas op die rak.

Hier is ook 40 ha se vlei­land en in­heem­se woud op die plaas. Kom stap of laat die kin­ders swaai met die Mon­key swing (ver­kies­lik vóór hul­le te veel kaas ge­ëet het). Waar? Volg die L-pad (C­heerio Val­ley) van die R71 en draai dan af op die M1-pad. GPS S23.89688 E29.95784 Kos­te ’n Kaas­toer: R100 p.p. en R60 p.p. (kin­ders). Dit be­gin om 10 vm. en be­spre­kings is nood­saak­lik. Mon­key Swing: R10 p.p.. Ei­ers uit­haal: R10 p.p. Koei of bok melk: R25 p.p. Kon­tak 082 853 8754;

chee­se@ha­e­nerts­burg.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.