3

Weg! - - Dorp Van Die Maand Haenertsburg -

Hier­die tuin is soos die bin­ne­kant van ’n ka­lei­do­skoop – om el­ke hoek is ’n nu­we ont­plof­fing van kleur­ry­ke bloei­sels: pienk, pers, rooi en o­ran­je! Dis len­te en ek is be­voor­reg om die tuin in sy vol­le glo­rie te sien.

S­hei­la T­homp­son, ’n ek­sen­trie­ke plant-en­toe­si­as, het die tuin in 1946 be­gin en dit 30 jaar lank ver­sorg. Sy het ge­vind dat plan­te van die Noor­de­li­ke Half­rond goed aard in dié kli­maat. Die dok­ter van die kei­ser van Ja­pan het des­tyds ’n ar­ti­kel deur T­homp­son ge­lees en vir haar sa­de vir skaars a­sa­le­as en ker­sie­bo­me ge­stuur, en van­dag lyk die tuin na ’n to­neel uit Me­moirs of a Geisha. Waar? Langs die L4.2-pad, C­heerio Val­ley. GPS S23.89273 E29.95384 Kos­te Toe­gang is gra­tis. (R30 p.p. tus­sen Au­gus­tus en Ok­to­ber). Die tuin is heel­jaar oop en el­ke sei­soen het sy eie be­ko­ring. The De­li and Cof­fee S­hop is oop van Woens­dae tot Son­dae. Kon­tak 083 355 0835;

cheeri­o­gar­dens.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.