6

Weg! - - Dorp Van Die Maand Haenertsburg -

Ha­e­nerts­burg se be­graaf­plaas bo-op ’n heu­wel bui­te die dorp is wrag­gies een van die mooi­stes in die land. Die in­wo­ners be­skryf die uit­sig as “A view to die for.”

Ek leun ag­ter­oor op ’n ban­kie langs ’n a­sa­le­astruik wat pienk blom en skep diep a­sem. Oos van jou lê die voet­heu­wels van die Ma­goe­bas­kloof se ber­ge en ag­ter jou troon die Iron Cro­wn-piek.

Ver­skeie pi­o­niers en ka­rak­ters lê hier be­gra­we, soos Ted S­tre­ver, ’n Suid-A­fri­kaan­se veg­vlie­ë­nier in die Twee­de Wê­reld­oor­log. In 1942 het Ted ’n I­ta­li­aan­se vlieg­tuig help kaap na­dat hy en sy mak­kers ge­van­ge ge­neem is. Dit was glo een van die eer­ste vlieg­tuig­ka­pings.

Hier is ook ’n graf wat weens ’n fla­ter met die da­tum aan die oud­ste mens in Suid-A­fri­ka be­hoort. Mat­la­la Ro­se Mehla­pe is vol­gens haar graf­skrif in 1820 ge­bo­re en in 1974 oor­le­de, wat haar ’n ry­pe 154 jaar oud sou maak!

Die uit­sig­te en net­jie­se ter­rein maak van dié boom­ry­ke be­graaf­plaas ’n ge­wil­de plek vir ske­mer­kel­kies en piek­niek, ja, selfs in die vol­maan... Waar? So­wat 400 m suid van die dorp. Hier is par­ke­ring. GPS S23.95395 E29.93983 > “Di “Die na­tuur­skoon,k die­di len­te,l die men­se, die vei­lig­heid... en die mis. Hier wil jy el­ke dag net ‘wow!’ uit­roep.” – B­rid­get Hil­ton-Bar­ber

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.